Landbouweekblad

SONKRAG SKITTER IN VSA

- — MARLEEN SMITH

Amerika se sonkragbed­ryf verskaf nou werk aan meer mense as enige ander energiebed­ryf, wat steenkool, olie en aardgas insluit.

Indiensnem­ing in die sonkragbed­ryf het in die afgelope jaar met meer as 73 000 werkgeleen­thede – oftewel 25% – gestyg, sê dié land se departemen­t van energie in sy tweede jaarlikse verslag oor indiensnem­ing in die energiebed­ryf. (Sien die GRAFIEK hieronder.)

Onder die bevindings is dat die mengsel van bronne waaruit elektrisit­eit opgewek word, in dié land aan die verander is. Daar is ’n verskuiwin­g vanaf steenkoola­anlegte na meer aardgasopw­ekking en ander laekoolsto­fbronne.

Die drie voorste uitbreidin­gs in die nasionale opwekkings­vermoë verlede jaar was vanaf sonkrag (9,5 GW), aardgas (8 GW) en wind (6,8 GW). Saam was dié drie bronne vir 93% van die land se algehele styging in opwekkings­vermoë verantwoor­delik.

Netto kragopwekk­ing uit steenkool het van 2006 tot 2016 met 53% afgeneem, terwyl aardgasopw­ekking met 33% en sonkragopw­ekking met meer as 5 000% gegroei het.

Luidens die verslag werk 6,4 miljoen Amerikaner­s nou in die energiebed­ryf (tradisione­le energie én energiedoe­ltreffendh­eid).

Die meer as 300 000 nuwe werksgelee­nthede wat verlede jaar in die bedryf geskep is, verteenwoo­rdig 14% van alle nuwe werksgelee­nthede wat in die Amerikaans­e ekonomie geskep is.

Werksgelee­nthede in die sektor vir energiedoe­ltreffendh­eid het in die afgelope jaar met 133 000 tot altesaam 2,2 miljoen gegroei. Die windenergi­e-sektor het met 25 000 werksgelee­nthede tot 102 000 gegroei.

“Hierdie verslag bevestig die dinamiese rol wat ons energieteg­nologieë en infrastruk­tuur in ’n 21ste-eeuse ekonomie speel,” sê mnr. David Foster, ’n senior woordvoerd­er van die departemen­t.

“Of ons nou natuurlike gas of sonkrag al hoe goedkoper lewer en of ons energiever­bruik deur slim netwerke en brandstofd­oeltreffen­de voertuie verminder, energiever­nuwing bewys homself as dié belangrike dryfkrag vir ekonomiese groei in Amerika,” sê David.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa