Landbouweekblad

Uitvoer bly groot reddingsbo­ei

Die landbou vorm ’n taamlik klein deel van Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk, maar speel ’n kernrol in die ekonomie as ’n verdiener van buitelands­e valuta deur toenemende uitvoer. Dié sektor groei jaarliks in verhouding tot ander sektore.

-

die Brics-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China) tel onder die tien topuitvoer­bestemming­s nie.

Uitvoer na Nederland het sedert 2010 skerp toegeneem en dié land is sedertdien die vernaamste bestemming vir Suid-Afrika se landbou-uitvoer. Die landbou-uitvoer daarheen in 2015 was (met 2014 tussen hakies) R9,3 miljard (R8,1 miljard). In 2013 het dit met R2 miljard gestyg en in 2015 met R1 miljard. Die vernaamste produkte wat in 2015 na Nederland uitgevoer is, is tafeldruiw­e, R2,6 miljard (R2,4 miljard); sitrus, R2,4 miljard (R2 miljard); en wyn, R739 miljoen (R689 miljoen). Die uitvoer van pynappels, avokado’s, koejawels en mango’s het R666 miljoen (R717 miljoen) beloop en dié van appels, pere en kwepers R615 miljoen (R676 miljoen).

Brittanje was baie jare lank die vernaamste bestemming vir Suid-Afrika se landboupro­dukte, maar Nederland het dié land in 2010 verbygeste­ek. Brittanje beklee nou die tweede plek. Uitvoer na Brittanje het veral in 2013 en 2015 skerp gestyg en in 2015 ’n hoogtepunt van R8,5 miljard (R5,5 miljard) bereik. Die vernaamste produkte was tafeldruiw­e, R1,6 miljard (R1,3 miljard); wyn, R1,5 miljard (R1,6 miljard); en sitrus, R1,4 miljard (R1,2 miljard). Die uitvoer van appels, pere en kwepers het R1,2 miljard (R921 miljoen) beloop en dié van appelkose, kersies en perskes R497 miljoen (R460 miljoen).

Zimbabwe het in die grootste deel van die afgelope dekade die derde meeste produkte van Suid-Afrika gekoop. In 2015 was daar egter ’n afname, wat dié land in die vierde plek geplaas het ná Mosambiek. Uitvoer na Zimbabwe het in 2015 R5,1 miljard beloop teenoor R5,5 miljard in 2014. Die vernaamste uitvoerpro­dukte in 2015 was sojaboonol­ie, R677 miljoen (R667 miljoen); gevolg deur

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa