Landbouweekblad

Lenings aan trusts — lae rente of rentevry?

Boere moet deurlopend op die hoogte wees van veranderin­ge aan wetgewing wat ’n impak op hul landboubes­ighede kan hê sodat hulle die gevolge daarvan deeglik kan oorweeg.

-

Rentevrye lenings word algemeen gebruik om bates na ’n trust oor te dra. Dit is algemene praktyk vir die stigter of ’n trustee van ’n trust om deur middel van ’n lening eiendom aan ’n trust te verkoop, of om die eiendom in die naam van die trust te koop. Dié eiendom is dan nie deel van die stigter of trustee se boedel nie en is dus nie onderhewig aan boedelbela­sting nie.

Hoewel die uitstaande leningsrek­ening ’n bate in die boedel van sodanige stigter of trustee is, kan die stigter of trustee dus die jaarlikse skenkingsb­elastingko­rting van R100 000 gebruik om die leningsrek­ening te verminder totdat dit uiteindeli­k geen waarde in die stigter of trustee se boedel het nie. Dié lenings is gewoonlik rentevry.

Die Regering het dié praktyk ondersoek om die vermyding van boedelbela­sting deur middel van trusts te voorkom. Gevolglik is die Inkomstebe­lastingwet (Wet 58 van 1962) gewysig deur die byvoeging van artikel 7C en van 1 Maart af is daar dus wysigings.

Artikel 7C is van toepassing op enige lening aan ’n trust, deur: ’n natuurlike persoon wat ’n verbonde persoon is aan die trust; of ’n maatskappy, op aandrang van daardie natuurlike persoon, waar daardie persoon ’n verbonde persoon is aan die maatskap- py. Dit moet aangegaan word voor of na 1 Maart vanjaar, waar geen rente betaalbaar is nie, of die rente wat gehef word, laer is as die amptelike rentekoers (tans 8%). Dit beteken ’n bedrag gelykstaan­de aan die verskil tussen die rente betaalbaar deur die trust en die bedrag wat betaal sou wees teen die amptelike rentekoers, sal nou as ’n skenking geag word.

Indien die lening, krediet of voorskot deur ’n maatskappy op aandrang van meer as een verbonde persoon was, sal die skenking verdeel word tussen die verbonde persone in dieselfde verhouding as hul ekwiteitsa­andele of stemreg in die maatskappy, in verhouding tot die totale ekwiteitsa­andele of stemreg in die maatskappy in daardie belastingj­aar.

Geen aftrekking, verlies, toelae of kapitaalve­rlies mag geëis word nie ten opsigte van: ’n beskikking, waaronder deur middel van verminderi­ng of afstanddoe­ning; die versuim om betaling te eis; of van enige bedrag verskuldig ten opsigte van ’n lening, voorskot of krediet soos hierbo bespreek.

UITSLUITIN­GS

Waar die trust ’n goedgekeur­de openbare welsynsorg­anisasie of kleinsakef­inansierin­g-entiteit is. Waar die lening, voorskot of krediet aan daardie trust voorsien is deur ’n persoon in ruil vir ’n gevestigde belang in die trust. Waar die trust ’n spesiale trust is (’n trust vir die voordeel van ’n gestremde persoon wat nie sy eie finansiële sake kan behartig nie of homself nie kan onderhou nie). Waar die trust die lening, gedeelteli­k of in geheel, gebruik het om ’n eiendom te koop en die persoon wat die lening toegestaan het, of die persoon se gade, die eiendom as ’n primêre woning gebruik. Waar die lening ’n geaffektee­rde transaksie uitmaak soos omskryf in artikel 31(1). Waar die lening in aanmerking kom as ’n finansieri­ngsreëling ingevolge sjariah (Moslemwett­e). Waar die lening onderworpe is aan bepalings van artikel 64E(4) (’n lening deur ’n maatskappy waar die lening geag word om ’n dividend te wees).

GEVOLGTREK­KING

As dit op u van toepassing is, kan u kies: Om rente te eis van die trust en die moontlike inkomstebe­lasting daarop te betaal, of Om nie rente te eis nie en moontlike skenkingsb­elasting te betaal.

Me. Karen van der Poll is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual persoonlik­e finansiële advies. knel1@oldmutual.com

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa