Landbouweekblad

BEMESTING EN BESPUITING SORGVULDIG BEPLAN

-

Die hele blok waarin die 2 ha sojabone aaneenlope­nd geoes is wat mnr. Gerrit Roos met strooptyd vir die organiseer­ders van die Weeg en Wen-opbrengsko­mpetisie moes aandui, beslaan 15 ha. “Ons het nie soseer vir ’n wen gemik nie, maar om die hoogste opbrengs moontlik te behaal.”

GRONDGEHAL­TE Net nadat die mielies geoes is (Julie/ Augustus), het hy 220 kg van die kunsmismen­gsel 0:1:2 van Omnia en 500 kg Growmax van Azbot (organiese bemesting) per hektaar breedwerpi­g uitgestroo­i en dit met ’n skottelwer­ktuig ingewerk. In Augustus/September 2015 het Gerrit op dié blok, waarop die vorige twee jaar mielies was, 500 kg gips per hektaar toegedien. Kort voor planttyd het hy Roundup gespuit om die onkruid uit te knikker. ’n Week later het hy strookbewe­rking met ’n Orthman gedoen (al bewerking benewens die skottelbew­erking) om ’n fyn saadbeddin­g voor te berei. Die Orthman maak stroke grond 150-200 mm diep los. Direk agter die Orthman het die planter gevolg, wat ook vloeibare entstof saam met die saad in die plantervoo­rtjie geplaas het. Daarmee saam het hy trigoderma (TrichoPlus, reg. nr. L7161, Wet 36 van 1947) en ’n swamentsto­f vir die bestryding van wortelsiek­tes op gewasse en vir verbeterde plantgroei (Trichderma fertile JM 41R) toegedien.

HOË PLANTESTAN­D Gerrit het die sojaboonsa­ad teen 410 000 sade/ha geplant, wat sowat 390 000 plante/ha oplewer. Na gelang van die kultivar plant hy op droëland 330 000380 000 sade/ha. Dié hoë plantestan­d is moontlik onder droëlandve­rbouing danksy die hoëreënval­gebied waarin die boerdery voorkom. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 750 mm, maar was verlede jaar net 535 mm. Daarna het sy gewone chemiese behandelin­gs gevolg. Agter die planter dien Gerrit Lamda van Arysta (reg.nr. L8546) met ’n hoogloopsp­uit toe om snywurms te bekamp, asook ’n algehele onkruiddod­er, Metalochlo­r 960 EC van Arysta (reg.nr. L6947) en Extreme Plus WP van Arysta (reg.nr. L7238).

Sowat 30 dae ná opkoms spuit hy weer glifosaat. Hy gee die plantjies dus eers kans om sterk te word omdat hulle effens deur die onkruiddod­er aangetas word. Daarmee saam spuit hy weer Lamda en Extreme 50WP (reg.nr. L6964) as aanvulling om nawerking te verskaf. Saam met die glifosaat dien Gerrit ook Brandt Smart Trio (reg.nr. B4289) toe om die nadelige uitwerking van glifosaat op die sojabone teen te werk.

BESKERMING TEEN SWAMME Kort voor blomtyd dien hy vloeibare koperchela­at toe om beskerming teen swamme te bied. Daarna volg MAP Tegnies (mono-ammoniumfo­sfaat; reg.nr. K6892) om blaarvormi­ng te bevorder en ’n suikeroplo­ssing as benatter (kleefmidde­l) vir die MAP. “Ons is veronderst­el om molibdeen ook te spuit, maar wanneer ons die grond met kalsitiese kalk behandel, gebruik ons eerder kalk van Pistorius Kalk vanaf Hiqua Kalsiet Witbank, wat molibdeen én fosfaat bevat.”

Daarna (voor die blomstadiu­m) dien Gerrit MKP (monokalium­fosfaat) vir ekstra blaarvormi­ng toe omdat sojabone se behoefte aan voeding dan hoog is. Hy gee ook ’n 4%-ureumoplos­sing vir beter opname en strooi 50 kg KAN (kalksteena­mmoniumnit­raat) in korrelvorm uit.

Aan die begin van blomstadiu­m volg ’n toediening van Agri Fullbor en AgriBoost vir ekstra boor, NPK en swamdoder.

Wanneer die bestuiwing voltooi is, spuit hy weer Roundup om seker te maak die lande bly skoon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa