Landbouweekblad

Grootmaakk­oste van verse bepaal wins

Skokkend baie melkboere weet nie hoeveel dit hulle kos om ’n kalf van geboorte tot verkoop- of produksie-ouderdom groot te maak nie. Die werklike waarde van koeie lê in hul melkproduk­sievermoë. Die hoë pryse wat soms vir ‘topkoeie’ op veilings betaal word

-

Kennisgewi­ngs en advertensi­es verskyn gereeld in die media van melkkoeie, vervanging­sverse, bulle en dikwels hele melkkuddes wat te koop aangebied word. Dit is gewoonlik melkboere wat die handdoek ingegooi het weens stygende skuld vanweë die wanbalans tussen inkomste en die uitgawes om ’n melkery te bedryf.

’n Suksesvoll­e melkery verg groot aanvanklik­e uitgawes en daarna aanhoudend­e, daaglikse produksie-uitgawes. Hoewel ’n melkery ’n daaglikse inkomste voorsien, vergroot emosionele spanning weens sulke wanbalanse en die daaglikse bestuur van groot getalle koeie.

Meestal word die diere se prys in die advertensi­es aangedui. Dit gee soms ’n aanduiding van hoe desperaat ’n boer is om sy diere verkoop te kry. Andersins laat blyk dit ook ’n wanbegrip deur ’n boer van die werklike waarde van die diere.

Dit is moeilik om die waarde van diere te bepaal. ’n Mens kan verwag dat die waarde van diere anders sal wees vir die verkoper as vir die koper. In die geval van ’n vers waarvan die moeder ’n nasionale skoukampio­en was, sal die verkoper beslis ’n hoër prys verwag, KORTOM

■ Boere wat verse wil verkoop, moet op die hoogte wees van die grootmaakk­oste van hul verse omdat ’n lae prys die verkoper benadeel. ■ Stel ’n behoorlike strategie op as die verkope van vervanging­sverse as ’n bykomende inkomste gesien word. ■ Dit is dikwels beter om ’n deel van die kudde deur vleisbulle te laat dek en die nagslag so gou moontlik te verkoop.

terwyl kopers meestal net ’n vers soek om in die kudde melk te lewer.

Dit is ook belangrik om die koste om aan uitverkopi­ngsveiling­s deel te neem, in ag te neem. Dit sluit die voorbereid­ing van koeie vir die veiling in, die reiskoste, arbeidskos­te, asook kommissie of agentetari­ewe.

Verder moet jy in gedagte hou dat koeie in die meeste kuddes eers ná hul tweede laktasie hul grootmaakk­oste as vers afbetaal het en ’n wins begin toon. Koeie wat vroeg verkoop word, byvoorbeel­d net ná hul eerste laktasie, “skuld” dus nog ’n deel van hul grootmaakk­oste. Hopelik maak die verkooppry­s daarvoor op.

Dit kan ’n bonus wees as ’n aangekoopt­e koei ook ’n skoukampio­en is. Die deelname aan skoue is egter ’n onderafdel­ing van die melkerybed­ryfstak wat met omsigtighe­id bestuur moet word. Dit help nie om puik skoukoeie te lewer, maar hul melkproduk­sie is nie goed genoeg om dit lonend te maak om hulle in die kudde te hou nie.

’n Beter keuse vir kopers is om diere te koop uit kuddes wat aan melkaantek­ening deelneem omdat dié koeie oor beraamde teelwaarde­s beskik. Daar is ten minste ’n aanduiding van koeie wat ná hul eerste laktasie gekoop word se melkproduk­sievermoë.

Die herhaalbaa­rheid van melkproduk­sie is taamlik hoog – sowat 55%. Dit beteken koeie wat goed melk lewer, gaan ook in ’n volgende kudde of omgewing ’n goeie melkproduk­sie hê. Herhaalbaa­rheid word gedefiniee­r as die LINKS ONDER: ONDER:

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa