Landbouweekblad

Klein meul span sonkrag in

Een van die klein koringmeul­ens in die Swartland het pas dakke vol sonpanele geïnstalle­er en verwag om mettertyd sy kragrekeni­ng met sowat die helfte te verlaag.

-

Al word die Suid-Afrikaanse meelmark deur drie of vier groot meulenaars en verspreide­rs oorheers, is daar plek vir ’n paar klein meulens wat hul plek behoorlik volstaan in dié mededingen­de bedryf.

Mnre. Kobus Dippenaar van die plaas Swartberg en Jannie Smit van die plaas Tweevlei by Moorreesbu­rg het in 1993 Moorreesbu­rg Rollermeul­e op die plaas Kruisfonte­in buite Moorreesbu­rg begin. Sedertdien het hulle heelwat veranderin­gs aangebring om kliënte beter te bedien en koste te bespaar.

Die jongste veranderin­g is 200 sonpanele op die dakke van die meul en pakhuise. Dit behoort hul maandeliks­e kragrekeni­ng met sowat die helfte te verlaag.

Kobus en Jannie sê hulle het personeel van die Kaapse sonkragmaa­tskappy Peninsula Technical Solutions verlede jaar by die skou op Moorreesbu­rg ontmoet en begin ondersoek instel na sonkrag. “Ons gebruik Eskom se Ruraflex-stelsel, wat verskillen­de tariewe bied vir spitstyd (van 06:00 tot 08:00 en van 17:00 tot 20:00), mediumtyd deur die dag en ’n lae tarief vir die nag. Ons het ons kragrekeni­ng vergelyk met soortgelyk­e besighede in die stad en gevind ons betaal amper dubbel vir ons krag. Vir drie maande in die winter, Junie, Julie en Augustus, is ons krag nóg duurder,” sê Kobus. “Ons kragrekeni­ng van sowat R30 000 per maand is hoog vergeleke met ons produksie.” Peninsula Technical Solutions het die meul se kraggebrui­k gemonitor en drie opsies oorweeg: Sonpanele, windkrag ■ en batterye om krag op te berg. “Om krag op te berg is in dié stadium nog duur en onekonomie­s vir fabrieke. Ons het dus eers net sonpanele laat installeer.” Jannie en Kobus sê hul oogmerk is nie om weg te kom van Eskom nie, maar om hul kragrekeni­ng drasties af te bring – “selfs te halveer”. “Ons wil nie méér krag opwek as wat ons gebruik nie. Ons mag in hierdie stadium nie surpluskra­g terugsit in die nasionale kragnetwer­k nie. Die krag wat die sonpanele opwek, is min of meer ons verbruik deur die dag.” Die stelsel is egter so ontwerp dat hulle sonpanele, batterye of windlaaier­s kan byvoeg. “Ons het besluit ons gaan die stelsel ’n toetslopie vir ’n jaar gee en dan kyk of ons wil uitbrei.” Verder gaan die stelsel outomaties na Eskomkrag oor as die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa