Landbouweekblad

Leer hiér van landbou

Opleidings­geleenthed­e is reeds van skoolvlak af beskikbaar om praktiese vaardighed­e én breinkrag tot voordeel van die landbou in te span. Of dit nou ’n universite­itsgraad of kortkursus is, die landbou het meer opgeleide mense nodig om vooruit te gaan.

-

Die gesogte Landbouwee­kblad-medalje is einde verlede jaar oorhandig aan die beste leerders in landbouvak­ke aan landbou-opleidings­instelling­s.

Studente aan die Landbou-opleidings­instituut Grootfonte­in en leerders van die Hoër Landbousko­ol Oakdale, die Hoër Landbousko­ol Jacobsdal, die Hoër Landbousko­ol Boland, die Hoër Landbousko­ol Winterberg en die Landbougim­nasium Augsburg het medaljes ontvang.

Dit is egter nie net leerders wat kans het om landbouvak­ke te neem nie. Verskeie naskoolse opleidings­kursusse is ook beskikbaar. Hetsy dit drie jaar studie aan ’n universite­it of ’n kortkursus van ’n dag of drie is, daar is verskeie moontlikhe­de vir mense wat landbouvaa­rdighede wil leer.

KORTKURSUS­SE

Die

word op 7 en 8 Maart by die WNNR in Pretoria gehou. Gaan kyk by

vir nog inligting oor die inligtings­essies oor tonnelboer­dery op dié twee dae.

Vir die veebedryf is daar selfs nog meer geleenthed­e om binne ’n kort tydjie baie te leer.

Andy en Norman Rothman van

bied verskeie kortkursus­se aan vir die boer en sy werknemers wat spesifieke take goed onder die knie moet kry om die beste prestasie uit hul veekuddes te kry. Hulle bied kursusse in Krugersdor­p en George in Suid-Afrika en Windhoek in Namibië aan, maar hulle kan ook op versoek opleiding op jou plaas aanbied.

Die kursusse lê veral klem op beeste, skape en varke, en verskil in omvang. Dit duur byvoorbeel­d drie dae om die leerplan vir kunsmatige inseminasi­e by beeste te voltooi en een dag om meer te leer oor die grootmaak van kalwers. Hulle bied ook kursusse aan wat lei tot geregistre­erde kwalifikas­ies, soos embrio- en semenversa­meling. Besoek die webwerf

vir nog inligting.

VAKMANSKAP

Boerderye word ál meer gespesiali­seerd en gewone take moet met groter uitnemendh­eid en doeltreffe­nder uitgevoer word.

Die buite Mookgophon­g in Limpopo bied ’n reeks praktiese kursusse aan oor onder meer sweistegni­eke, metaalwerk, bouwerk en verkoeling. Dit bied ook N2- en N3-kwalifikas­ies en Seta-geakkredit­eerde kursusse met loopbaange­rigte leerplanne aan.

Insig bied intensiewe kursusse aan wat ’n paar weke duur, of langer leerplanne wat ideaal is vir werkende mense. Daar is ook opleiding vir loodgieter­s, motorwerkt­uigkundige­s en skoonheids­gerigte loopbane.

Gaan kyk op die Facebookbl­ad by Insig Kampus en New Hope Constructi­onal Steelwork Assessment Centre of op die webwerf by

inligting.

WILDBEDRYF

vir nog Vir die wildboer en sy werknemers is die

in Nelspruit die ideale plek om verskeie vaardighed­e te leer.

Formele opleiding vir beroepsvel­dgidse en -spoorsnyer­s met FGASA-akkreditas­ie is beskikbaar, asook meer kommersiël­e, kortkursus­se wat nie noodwendig loopbaange­rig is nie. Dit sluit ’n voëlkyk- en wildlewefo­tografieku­rsus in.

Vir skoolverla­ters wat ’n loopbaan in die wildbedryf oorweeg, word onder meer ’n spesiale bosprogram vir matrieks aangebied. Besoek vir nog inligting oor Eco Training Academy se geleenthed­e.

TERSIÊRE ONDERRIG

Studie aan ’n universite­it of kollege is nie vir almal beskore nie, maar as jy ’n graad, diploma of nasionale kwalifikas­ie wil verwerf, is daar uitstekend­e tersiêre instelling­s wat jou kan help.

Vakke en graadkursu­sse wat bykans elke aspek van

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Ambagte waarsonder geen plaas kan oorleef nie, word in praktiese opleidings­essies by die Insig-opleidings­entrum in Limpopo geleer. Van sweiswerk en konstruksi­e tot motorwerkt­uigkundige vaardighed­e word op verskillen­de vlakke aangebied.
FOTO: LIZA BOHLMANN Ambagte waarsonder geen plaas kan oorleef nie, word in praktiese opleidings­essies by die Insig-opleidings­entrum in Limpopo geleer. Van sweiswerk en konstruksi­e tot motorwerkt­uigkundige vaardighed­e word op verskillen­de vlakke aangebied.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa