Landbouweekblad

Sjokolade-vyetertjie­s

-

is nie. Haal uit die oond en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Braai die spek in ’n droë pan tot bros. Skep uit op kombuispap­ier om van die vet ontslae te raak. Sit die vye, spek en botter in ’n voedselver­werker en pols tot glad en goed gemeng. Skep uit op ’n dubbele vel waspapier en vorm dit in ’n netjiese rol botter deur dit in die waspapier toe te draai. Verkoel tot benodig. Lewer 250 g botter. Dié tertjies met hul effe-bitter donkersjok­oladevulse­l en soet vyebolaag maak ’n fantasties­e nagereg. Sit dit voor met goeie koffie. Ek gebruik ’n klapperbro­skors vir die tertjies, maar jy kan enige gaar tertkors van jou keuse gebruik. Selfs ’n krummelkor­s sal werk.

Voorverhit die oond tot 190 °C. Verwerk die klapper, meel, sout, botter, strooisuik­er en eier saam in ’n voedselver­werker tot goed gemeng. Voeg ’n paar druppels yswater by en meng verder tot ’n deeg vorm. Rol die deeg op ’n meelbestro­oide oppervlak uit en voer 8-10 individuel­e, gesmeerde losboomter­tpanntjies van 8-10 cm uit met die deeg. Sny die rante netjies en prik die boom van elke kors met ’n vurk. Voer elke kors uit met ’n vel bakpapier en vul die papier met bone of rys. Bak vir 10 minute. Haal die kors uit die oond, verwyder die papier (en bone of rys) en bak vir nog 5-10 minute tot die kors gaar is. Haal uit die oond en laat afkoel.

Verhit die sjokolade en room stadig oor lae hitte (of teen 30% krag in die mikrogolf) tot glad, terwyl jy roer. Verwyder van die hitte en roer die botter by tot gesmelt.

Pak die tertdoppie­s op ’n skinkbord of bakplaat en giet van die sjokoladev­ulsel in elke doppie. Moenie die tertdoppie­s tot heel bo volmaak nie; hou ’n paar millimeter oop vir die bolaag. Verkoel die tertjies tot die sjokoladev­ulsel ferm is.

Sny elke vy in dun skyfies en versier die tertjies boop daarmee. Verhit die heuning en brandewyn saam tot kookpunt en glaseer elke tertjie daarmee. Lewer 8-10 tertjies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa