Landbouweekblad

Vyeblaarli­keur

-

Hierdie maklike likeur het ’n intense vyegeur. Skink ’n sopie of twee oor fyn ys en geniet dit yskoud, of gebruik die likeur as basis vir ’n mengeldran­kie. Jy kan vodka of jenewer vir die resep gebruik. Dit maak ook ’n gawe tuisgemaak­te geskenk (veral noudat interessan­te jenewerdra­nkies so in die mode is).

Ongeveer 14 jong vyeblare 625 ml witsuiker 800mlwater 750 ml jenewer of vodka

Was die vyeblare en laat staan dit vir ongeveer 20 minute in ’n bak met ligte soutwater.

Verhit die suiker en water stadig, terwyl jy roer, tot die suiker opgelos is. Voeg die vyeblare by en verhit tot kookpunt. Prut stadig vir ongeveer 30 minute (die stroop moenie vinnig kook of te veel afkook nie). Haal die kastrol van die hitte af en roer liggies. Bedek en laat staan vir 30 minute sodat die stroop kan afkoel, maar ook om soveel as moontlik van die vyegeur in die stroop te laat intrek. Voeg die jenewer of vodka by die vyeblaarst­roop en roer. Syg dan die mengsel deur ’n moeseliend­oek in ’n beker met ’n tuit. Vul gesterilis­eerde bottels met die likeur en verseël lugdig. Laat staan die likeur vir minstens ’n maand op ’n koel, donker plek voor jy dit gebruik. Lewer ongeveer 1,6 liter likeur.

1 blik (420 g) kekerertji­es, gedreineer, afgespoel en droog gedruk 45 ml olyfolie 7 ml fyn komyn Halwe blok halloumi (ongeveer 180 g), in blokkies gesny Ekstra olyfolie, vir braai 4 groot hande vol gemengde slaaiblare en babaspinas­ie 3 groot, gerookte hoenderbor­sies, grof gepluis 8 ryp vye, in kwarte gesny

35 ml moskonfyt 60 ml rooiwynasy­n 60 ml olyfolie Seesout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Sit die kekerertji­es op ’n bakplaat en bedruip met olyfolie. Meng goed. Sprinkel die komyn oor en oondrooste­r vir ongeveer 15 minute. Skud nou en dan die bakplaat om seker te maak die kekerertji­es kry egalige hitte. Terwyl die kekerertji­es rooster, braai die blokkies halloumi in ’n klein bietjie olyfolie in ’n swaarboomp­an tot goudbruin aan alle kante. Meng die slaaiblare, gepluiste hoendervle­is en vye op ’n dienbord. Voeg die geroosterd­e kekerertji­es by en rond af met die gebraaide halloumi.

Klits al die bestanddel­e vir die vinaigrett­e saam en sit voor met die slaai. Lewer 4 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa