’n kar nader kom, slinger Ampie die inkriminerende vis die veld in.
Of dit nou uit desperaatheid of stoutigheid was, almal het ’n storie waar hulle op skool die stelsel probeer fnuik het. Byvoorbeeld, moedig die wiskunde-meneer aan om eerder oor sy voorliefde vir vegvliegtuie te praat as om huiswerk na te gaan, gebruik vroegoggend die strykyster op die spinasie wat jy eintlik ’n maand lank natuurlik vir huishoudkunde moes uitdroog, loop koes-koes agter die krismisrose weg wanneer jy die laaste periode stokkiesdraai . . .
Selfs die voorbarigste klas sit egter bekommerd regop wanneer die skoolhoof se stem oor die luidsprekerboksie kom met: “Aandag, asseblief. Die volgende leerlinge nóú na my kantoor . . .” (En nie om prefekbalkies te gaan haal nie.)
As brose graad agts is twee van my klasmaats só ingeroep. Duiselig en naar van vrees het hulle by die kantoor aangekom, maar die Gideonsbybel-mense het toevallig ook opgedaag en hulle kon die afspraak vryspring. Die meisies dank glo tot vandag toe die Here dat Hy hulle só gered het.
Die ergste raas wat ek gekry het, was met voorkomsinspeksie toe die juffrou ontdek het dat my das al heeljaar lank aan my hemp vas ge-staple was. vis in hul klaskamer weg te steek. Nie sommer enige vis nie – ’n koivis, wat hulle die aand iewers uit die woonbuurt langs die skool sou gaps. Daar is tot ’n skepnet uit Leandra gereël.
Hulle is egter erf ná erf byna raakgesien en uitgevang. “Ons kon sien hierdie storie gaan nie werk nie,” onthou een. “En dis mos ’n plaasskool. Die ouens kry nog lekker pak vir sulke dinge.”
’n Dringende vergadering is in die donker gehou. Daar was nog ’n koidam aan die ander kant van die dorp, maar dit was ’n goeie paar kilometer se stap. Boonop het dié visse aan die voorsitter van die beheerliggaam behoort – die spreekwoordelike bek van die leeu.
Vyf seuns het uiteindelik die tog aangepak: Marco Swanepoel, Marnus Mulder, Michael Makins, Amaris Dalton en ’n ou wat net as Ampie bekend gestaan het. Kortkort het daar ’n steenkoollorrie verbygekom waaraan hulle kon vasklou tot dié weer afdraai.
’n Paar uur (en ’n hoë pallisadeheining) later, en die seuns maak beurte om hul vangs terug skool toe te dra. Toe die brandweer se sirenes in die verte afgaan, wip almal.
Elke keer as ’n kar nader kom, slinger Ampie die inkriminerende vis die veld in. “Nou’s ons in ons tjops!”
En só stap die ouens terug skoolterrein toe, wurm deur die klaskamervenster wat hulle skelm oopgesluit gelos het en plant die vis (beduidend meer gehawend as vroeër) op ’n strategiese plek.
Die volgende dag, toe klastyd einde se kant toe staan, begin die meneer netjies maak. Hy buk oor die asblik en maak oogkontak met ’n enorme, helderoranje vis.
Hy vloek hardop. “Wat soek ’n karp in my drom?!” Stilte. En toe, amper outomaties: “Meneer, dis nie ’n karp nie. Dis ’n koivis.”
In Die Wonderwêreld van die Groot Vyf maak lesertjies van sewe jaar en ouer nie net kennis met die vyf indrukwekkendste diere in Afrika nie. Hulle ontmoet ook die Vyf Kleintjies wie se Engelse name met dié van die Vyf Grotes ooreenstem. Die Vyf Kleintjies is die olifantmuis, die mierleeu, die buffelwewer, die bergskilpad (leopard tortoise) en die renosterkewer.
Die boek, vol pragtige foto’s en bedrywighede (ontsyfer die woorde, ’n safari-speletjie en blokraaie), beloof groot pret. Danksy vinnige feite, vasvra-kompetisies en interessante inligting wat kleurryk aangebied word, sal slimkoppe sommer baie leer ook.
Na dese sal hulle byvoorbeeld weet hoeveel kos ’n olifant in ’n dag kan vreet of hoe lank ’n buffel se horings kan word.
Jaco Jacobs en Fanie Viljoen is albei bekende kinderboekskrywers en hul styl en taalgebruik tref die kinder-kol.
Dit is die jongste boek in die Hoezit!-reeks wat voorheen in tydskrifformaat verskyn het.