Pampoenpaleis
Die afgelope 34 jaar het die Pampoen Padstal aan die R62 buite Worcester ’n geliefde stilhouplek geword.
Dis die pampoene wat jou die eerste opval wanneer jy by Worcester se bekende Pampoen Padstal stilhou om die bene te rek. Dit kan ook nie anders nie, want die pampoene is letterlik oral – onder die ou bloekomboom, op die stoep en teen die mure. En hulle kom in alle gedaantes. Daar is bielies wat een man skaars kan optel, outjies met groen en oranje strepe wat soos Krismis lyk, donkergroenes met aardige knobbels, sneeuwit boerpampoentjies en roomkleurige pampoene met ’n sierlike swanenek.
“Ek soek oral op die internet en bestel saad volgens die prentjies. Ek kies altyd dié wat vir my mooi lyk, soos die wittetjie wat soos ’n outydse boerpampoentjie lyk, te dierbaar,” vertel Hettie Viljoen, wat die padstal bedryf en saam met haar man, Hennie, op die plaas Memel boer.
Haar ma, Hester Rabie, en ’n vriendin het die onderneming meer as drie dekades gelede as ’n antiek-winkel begin. Later het hulle ook van Hettie se pa, De Vos Rabie, se groente van die hand begin sit. Konfyt en droëvrugte het gevolg en só het dit met verloop van jare tot ’n volwaardige padstal ontwikkel.
“Die gebou was eers ’n huisie. Jare gelede het dambouers daar gewoon en my pa het die stukkie grond by hulle gekoop,” vertel Hettie, ’n oudonderwyseres.
Maar hoe het die pampoene so ’n unieke identiteit aan die padstal gegee?
“My pa het pampoene geplant en dit altyd op die werf onder die bome gepak vir winterkos. Ek het net met die tradisie aangegaan.”
Die meeste van die pampoene is ornamenteel. Elkeen se prys word netjies met ’n BO: LINKS: swart kokipen aangebring.
“Die eetpampoene ry ons elke dag met die blou trokkie, ’n GMC uit 1957, aan. My pa het dit by ’n neef van hom gekoop en gerestoureer. Dis nou al ’n groot attraksie by die padstal. Veral die mans, wat nie lus is om by ’n padstal stil te hou nie, stap graag om die trokkie terwyl die vroue binne loer.”
In die padstal is daar baie om jou aan te vergaap – kleurvolle houtspeelgoed, rottangmandjies, tuisgebak, konfyte, kruietee, lekkers en handwerk. En vars produkte na gelang van die seisoen, soos blink eiervrugte, soet sultanas, donkerpers vye, stekelrige turksvye en sonryp tamaties.
“Heelwat kom van ons eie plaas af, maar ons kry ook baie produkte by ons bure. Ek is ook baie lief vir tekstuur en lap en soek gedurig na mooi dinge of maak self goetertjies vir die padstal,” vertel Hettie.
KLEIN SPYSKAART
Die spyskaart is klein – eintlik net lekker boeretroos en beskuit (teen R15), maar daar is ook tuisgemaakte gemmerbier (R20) en muffins (pampoengeur, wat dan anders?) met konfyt en kaas (R16). Die stoep is knus en die susters Sebiena Niewenhuys en Eva Mouton laat ’n mens welkom voel.
“Ek het myself al baie gevra hoekom die padstal werk. Ek dink dis die atmosfeer wat ons skep. Ons wil nie ’n supermark of ’n winkel wees nie; ons wil ’n padstal bly. Jy moet daardie outentieke gevoel kry as jy hier instap.”
Ons woon in Pikoulatika, ’n landelike nedersetting eerder as ’n dorpie. Al boerdery wat ek egter opmerk, is olyfbome, dikwels op hoewes waar daar nie ’n huis is nie. Só kuier-kuier het ons sommer in ’n japtrap nog ’n klomp Korfiote leer ken – en met ’n hele paar gawe tradisies kennis gemaak.
Dis ons tweede Kersfees op Korfu. Toe ons ’n klompie jare gelede saam met vriende hier gekuier het, was die eiland één groot liggiefees. Maar weens Griekeland se ekonomiese krisis is slegs ’n klein deel van Korfudorp dié keer met liggies versier.
Destyds het ons viertal as toeriste ons eie beskeie Kersmaal – gebakte skaapboud, hoender, rys en aartappels – in ’n woonstel in Perama voorberei en geniet. Hierdie keer was dit ’n eg Grieks-Korfiotiese fees.
Dié Kersmaal is deur ’n oorlaaide kostafel gekenmerk. Dié maal word tradisioneel met ’n glasie tsipouro voorafgegaan. Julle ken sy Suid-Afrikaanse boetie as witblits. Dis saam met salami, kaas, droëvrugte en neute voorgesit. Oom Takis (hy is ’n vriendin se pa en laat hom die Afrikaanse “oom” maar welgeval) het op sy dag Agios Georgios se gewildste restaurant bedryf. Hy het vir die avgolemono (’n tradisionele hoender-eieren-suurlemoensop) en pasitsada (soortgelyk aan Suid-Afrikaanse stowebiefstuk, maar met ’n eiesoortige sous) gesorg.
Van oom Takis gepraat: Hy maak die wonderlikste huiswyn en ons het afgespreek dat hy my tydens die komende parstyd in September in dié kuns sal inlei. Ek het reeds my wynpers uitgesoek. My wingerd? Nee, dié moet nog aangeplant word. Piet Ebersohn is voorheen van Pretoria waar hy as as skakelman gewerk het. Hy en sy vrou, Mariétte, het einde verlede jaar permanent na Korfu verhuis.