Landbouweekblad

Glendower verdien sy reputasie as een van die beste gholfbane in Johannesbu­rg.

-

GHOLF

De holes zijn langer dan we gewend zijn in Nederland maar je speelt dan ook op ruim 1 500 meter hoogte dus vliegen de ballen ook verder. Lange par 4’s door het glooiende landschap, twee korte par 3’s omringd door water en een lange par 3,” skryf ’n besoekende Nederlande­r onlangs oor die Glendower-gholfbaan in Edenvale, Johannesbu­rg. Hy kon bygevoeg het dat waterhinde­rnisse goed ingespan word naby en om die setperke – veral op drie van die kort putjies en twee van die syfer vyfs. Hy kon ook gesê het dat elke ’n putjie ’n uitdaging bied en dat ’n ronde op hierdie topbaan, wat ook ’n natuurrese­rvaat is, ’n eersteklas gholfonder­vinding is. Die Suid-Afrikaanse Ope word nie deesdae verniet daar gespeel nie.

RYK GESKIEDENI­S

Die skoonveld bestaan uit kikoejoegr­as en daar is altesaam 64 sandkuile en 11 waterhinde­rnisse om mee rekening te hou. Die baan is ’n klassieke voorbeeld van ’n parktipe uitleg waar bome altyd in gedagte gehou moet word.

Die baan het ’n trotse geskiedeni­s. Tien sakemanne wat ’n buiteklub wou stig, het die oorspronkl­ike baan op ’n boomryke plaas gebou. ’n Engelse baanargite­k, ene Charles Hugh Alison, het die ontwerp behartig. In die 1980’s is die hele baan opgekikker en al die setperke en bowwe is herbou.

In 1935, slegs ’n paar jaar nadat die baan LIGGING geopen is, het Bobby Locke die destydse Transvaals­e Ope op Glendower gewen met ’n wêreldreko­rdtelling van 265 oor vier rondes (66, 69, 66, 64). En in 1946 het 40 beroepspel­ers van Suid-Afrika en die destydse Rhodesië daar meegeding om prysgeld van 100 Britse pond. Vergelyk dit met die miljoene wat deesdae gewen kan word!

BRING DIE DRYWER

Beroepspel­ers hou sommer baie van die baan. Die klem val op reguit bofhoue, want die ruveld is lank. Al Johannesbu­rg se gholfbane kan seker as lank beskou word vir die gemiddelde speler, want die kort, nou skoonvelde waaraan Kapenaars gewoond is, bestaan eenvoudig nie in Gauteng nie. Lang slaners behoort egter nie ’n probleem te hê met Glendower se lengte nie. Daar is net een putjie waar ’n drywer onnodig is.

Die syfer vyf tweede putjie is seker die beste, waar ’n goeie speler die setperk met sy naderhou kan haal ná ’n goeie bofhou. Daar is egter min herstelkan­s ná ’n swak hou. Nommer tien is ’n uitdagende, afdraande syfer vier met twee skoonveld-sandkuile aan weerskante en water kort en links van die setperk.

Ek het al gehoor swakker spelers kla die baan is ’n rapsie te moeilik, maar, nou ja . . .

Die gholfwinke­l en oefengerie­we is uitstekend. Die beroepspel­er Gavin Levenson gee ook daar lesse. 011 453 1013.

 ??  ?? Die vyftiende putjie op die Glendower-baan. Dis ’n moeilike baan, maar goeie spelers word ook hier beloon.
Die vyftiende putjie op die Glendower-baan. Dis ’n moeilike baan, maar goeie spelers word ook hier beloon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa