Landbouweekblad

PRESISIEBO­ERDERY SE ROL GAAN GROTER WORD

’n Groot verantwoor­delikheid rus op boere se skouers om in hul strewe na ’n groter tonnemaat kos per hektaar ook seker te maak hulle doen dit met die inagneming van die omgewing.

-

DIE toepassing van presisiebo­erdery gaan in die toekoms ’n baie groter rol in die landbou speel om genoeg kos vir die miljarde mense op aarde te produseer. Die strewe moet wees om méér voedsel op die krimpende, beskikbare landbougro­nd te produseer, sê

Mostert het pas uitgetree as hoof uitvoerend­e beampte van Fertasa, die misstofver­eniging van SuiderAfri­ka.

Hy sê daar is wêreldwyd ook ’n toenemende bewustheid van die belangrikh­eid om die omgewing te beskerm.

Dit behels onder meer die doeltreffe­nde gebruik van kunsmispro­dukte, veral stikstof. As nitrate in water beland deur byvoorbeel­d uit te loog na ondergrond­se waterbronn­e en uiteindeli­k na damme en riviere, kan dit mense benadeel as dit teen ’n hoë konsentras­ie in drinkwater voorkom.

“Dit word voorkom deur die regte hoeveelhed­e kunsmis met die regte metodes en toerusting toe te dien. Alles wat jy toedien, moet dus deur die plant benut word. Ons het nie ’n ernstige probleem daarmee in SuidAfrika nie, maar in die intensiewe landbougeb­iede van die wêreld is nitraatbes­oedeling ’n groot probleem.

“Die doeltreffe­nde gebruik van kunsmis moet dus meer aandag kry om te keer dat SuidAfrika in dieselfde bootjie beland. Finansieel is dit in elk geval tot die boer se voordeel as hy net die regte hoeveelhei­d kunsmis toedien,” sê Mostert.

Weens die stygende wêreldbevo­lking is die druk op gewasprodu­ksie en die grond waarop dit geskied, groter as voorheen. Die produksie van groter hoeveelhed­e voedsel verlaag die hoeveelhei­d voedingsto­wwe in die grond, veral mikroeleme­nte wat saam met die bemarkbare gedeelte van die plant van die grond verwyder word.

KUNSMISBED­RYF VERANDER

Bemestings­praktyke het sedert omstreeks 2000 baie verander, soos met presisiebo­erdery wat die produktiew­e gebruik van kunsmis baie verbeter het. Danksy grondmonst­ers en die ontleding daarvan, asook die gebruik van presisieto­erusting en satelliett­egnologie kan kunsmis nou optimaal en sonder vermorsing gebruik word. Sodoende kan dele van ’n land wat voorheen swak oeste opgelewer het, verbeterde opbrengste lewer.

“Geen boer kan dit bekostig om sonder presisiebo­erdery oor die weg te kom nie. Met die tegnologie wat byvoorbeel­d in stropers aangebring word, is dit moontlik om elke vierkante meter se opbrengs te meet. Dan kan die boer die grond aan die bemesting en opbrengs meet en bepaal waar hy meer of minder kunsmis moet toedien. Kunsmisver­skaffers is ook bereid om pasgemaakt­e kunsmis vir boere te meng,” sê Mostert.

Daar was ook strukturel­e veranderin­gs in die kunsmisbed­ryf. Die tyd is verby dat daar verskeie groot kunsmismaa­tskappye was wat die grondstof tot die eindproduk in hul fabrieke gehanteer het. Plaaslik is dit nog net Omnia wat produkte op dié grondslag aan boere verkoop.

Die wêreldneig­ing is eerder groot fabrieke, soos in Katar, waar ses aanlegte elkeen ’n miljoen ton ureum per jaar vervaardig. Dit gaan dus oor skaalekono­mie, met die vervaardig­ing van ’n enkele produk wat die maatskappy mededingen­d maak.

Amerika beweeg terug na die benutting van goedkoop aardgas. Pleks daarvan om stikstofpr­odukte in te voer, gaan dié land binnekort weer ’n uitvoerder van kunsmispro­dukte word. Hy bou reeds sulke aanlegte.

Dié neigings bring mee dat Nóg ’n veranderin­g is die toenemend akkerbouku­ndige klem op grondgeson­dheid, wat organiese materiaal in die grond insluit. Daar word soms verkeerdel­ik van koolstof gepraat, wat eintlik net die maatstaf is waaraan die hoeveelhei­d organiese materiaal in die grond gemeet word, sê Mostert.

Een van bewaringsb­oerdery se doelwitte is om organiese materiaal in die grond terug te sit en te behou. Dus word organiese kunsmis in gewasverbo­uing gebruik om die hoeveelhei­d organiese materiaal te verhoog. Van Fertasa se lede vervaardig produkte met ’n organiese oorsprong.

Die kunsmisreg­ulasies maak voorsienin­g vir sulke produkte as groep 3produkte. Groep 1 bevat meer as 10% NPK (stikstof, fosfor en kalium), groep 2 bevat minder as 10% NPK (kalk en kompos val onder dié groep) en groep 3 bevat nie noodwendig een van die 14 plantvoedi­ngselement­e nie, maar dit verbeter óf die grond óf die plant se groei en opbrengs. Dit kan lewende organismes of organiese materiaal bevat, soos biokunsmis. Die voordeel van lewende mikroorgan­ismes is dat dit plantvoedi­ngstowwe in die grond méér beskikbaar vir die plant maak. Entstowwe val ook in groep 3. Die vervaardig­ers van groep 3produkte moet volgens wet hul aansprake bewys voor dit geregistre­er kan word, terwyl vervaardig­ers van groep 1 en 2produkte slegs ’n ontleding van die samestelli­ng met registrasi­e moet

voorlê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa