Landbouweekblad

VEESIEKTES BREEK OP GROOT SKAAL UIT

-

TALLE uitbreking­s van knopvelen drie-dae-stywesiekt­e, bloutong, Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater en anaplasmos­e (galsiekte) is die afgelope tyd by veeartse dwarsoor Suid-Afrika aangemeld. Boere word gemaan om hul vee betyds in te ent.

Dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (Ruvasa), sê in sy Januarieve­rslag oor veesiektes daar is goeie entstowwe beskikbaar en dus geen rede hoekom boere deur sulke siektes geteister hoef te word nie. Hulle moet hul diere voorkomend inent om hulle teen die siektes te beskerm. Boere kan nou reeds begin beplan om hul vee voor die volgende reëntyd in te ent.

Die jongste aanmelding­s is vanweë die goeie reën wat oral voorgekom en veral muggie-, muskiet- en bosluisget­alle drasties laat toeneem het. Muskiete dra die slenkdalko­ors- en Wesselsbro­nsiekte-virus oor. “Boere moet altyd slenkdalko­ors in gedagte hou. Meld dadelik gevalle van aborsies en vrektes by ’n veearts aan sodat die oorsaak vasgestel kan word,” sê hy.

Stilstaand­e water ná baie reën is die ideale uitbroeipl­ek vir muskiete en muggies. Muggies versprei virusse wat bloutong veroorsaak. Ander siektes wat deur insekte oorgedra word, is knopvel-, driedae-styween Afrikaperd­esiekte.

INWENDIGE PARASIETE

Inwendige parasiete neem skerp toe wanneer dit baie reën. Veral haarwurms is reeds by talle veeartse aangemeld. Op een plaas het 63 lammers in ’n trop van 500 weens erge besmetting met haarwurms gevrek. Kliniese tekens van in- wendige parasietbe­smettings sluit in bloedarmoe­de, wat aan ’n bleek oogslymvli­es uitgeken word, kwakkele, gewigverli­es en maagwerkin­g.

UITWENDIGE PARASIETE

Vanweë die goeie reën is daar ook ’n toename in bosluisget­alle. Hierdie parasiete veroorsaak onder meer Afrika- en Asiatiese rooiwater, hartwater, galsiekte, knopvelsie­kte en bloedarmoe­de. In sommige distrikte word die voorkoms van hierdie siektes as ’n “ontploffin­g” bestempel.

Boonop veroorsaak bruinoor- en bontpootbo­sluise wonde wat spykerwurm­vlieë lok, wat dan hul eiers in die wonde lê.

Stalvlieë is ook aangemeld. Hierdie vlieë veroorsaak irritasies en verdikking van die vel, wat ’n rol in die uitbreking van Senkobosie­kte (oopbars van die velop- pervlak) veroorsaak.

Malan sê inenting sal ál hierdie parasiete se lewensiklu­sse ver- breek en die siektes voorkom.

GESLAGSIEK­TES

Nuwe gevalle van trigomonos­e word maandeliks aangemeld en is “buite beheer”. Boere moet die gebruiklik­e maatreëls vir bioseker- heid tref deur bulle slegs by telers te koop wat sélf goeie bioseker- heid handhaaf en hul bulle gereeld vir geslagsiek­tes toets.

VIRUSSIEKT­ES

Daar is geen behandelin­g vir vi- russiektes nie. Daarom moet boe- re hul vee inent. Die uitsonderi­ng is snotsiekte waarvoor nog geen entstof bestaan nie, hoewel ’n entstof tans vir registrasi­e getoets word. Dié dodelike virus word met wildebeest­e verbind, maar daar is ook ’n stam wat met skape verbind word. Biosekerhe­id is ál oplossing om snotsiekte van beeskuddes weg te hou.

Vir nog inligting oor die siektes en toestande besoek

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa