Landbouweekblad

Zuma volg sy eie kop oor onteiening sonder vergoeding

- — JOYLENE VAN WYK

GRONDHERVO­RMING Pres. Jacob Zuma (BO) se uitlatings tydens die onlangse

opening van die Huis van Tradisione­le Leiers het afgewyk van sy eie koukus se standpunt oor die onteiening van grond sonder vergoeding.

In ’n eggo van wat mnr. Julius Malema, EFF-leier, ’n paar dae vantevore in die Parlement gesê het, het Zuma gesê swart Suid-Afrikaners moet saamstaan om beheer oor Suid-Afrika se grond terug te kry.

“Ek glo dit is ’n kwessie waaroor die meerderhei­d – swart mense in die algemeen en Afrikane in besonder – nie moet stry nie. Dit is nie ’n kwessie waaroor ons van mekaar kan verskil nie. As ons verskil, span ons nie ons kragte saam nie en sal ons terugbewee­g

na die tyd toe grond van ons as verskeie rassegroep­e weggevat is. Ons moet oor hierdie saak verenig.”

Hy het gesê die kern van swart mense se ekonomiese probleme is dat hul politieke beheer, ekonomiese beheer én hul grond van hulle weggevat is.

Hy het aan die tradisione­le leiers gesê ware vryheid sal nie bereik wees voordat swart mense hul grond en ekonomiese mag teruggekry het nie.

“Ons het die politieke mag aangepak. Ons het dit. Ons kan stemme werf en wette maak. Die ekonomiese mag is nie in ons hande nie; ons kan nie die ekonomiese mag beheer nie.

“Die sleutelele­ment van die ekonomie is grond. Ons grond is afgevat.”

EGGO VAN MALEMA

Malema het ’n paar dae vantevore in die Parlement gesê “dat die mosie swart mense in die land wil verenig en dat daar saamgestaa­n moet word om dit te vermag”.

Dit was in ’n debat oor ’n mosie wat vra vir wysigings aan artikel 25 van die Grondwet, die sogenaamde eiendomskl­ousule, sodat onteiening van grond sonder vergoeding moontlik gemaak kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa