Landbouweekblad

SA sal altyd rooivleis moet invoer – Serfontein

- — LUCILLE BOTHA

BUROKRASIE is een van die groot versperrin­gs wat die rooivleisb­edryf verhinder om in ’n uitvoerbed­ryf te ontwikkel.

Mnr. Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep in die Vrystaatse distrik Edenville, sê Suid-Afrika is steeds ’n netto invoerder van vleis. Dit sal nie in die toekoms verander nie.

Hy was Maandagogg­end die eerste gas op die Megaboereg­esprekreek­s op die Stellenbos­se Woordfees.

Die Sernick-groep voer maandeliks sowat 300 ton vleis na China en die Midde-Ooste uit, maar Serfontein voorsien nie dat die res van die bedryf in sy spore gaan volg nie. Hy meen Suid-Afrika het te min grond, water en beeste om ’n netto uitvoerder van rooivleis te word.

“Ons grond en water raak al hoe minder weens verstedeli­king en mynbou. Ons kan nie ’n groot uitvoerder van vleis word nie – ons moet oor tien jaar 30% meer aan die plaaslike mark lewer.”

WISSELKOER­S

Boonop kniehalter burokratie­se rompslomp boere wat die uitvoermar­k wil betree.

“Afgesien van bogenoemde probleme het ons ook met ongeloofli­ke rompslomp te doen. Daar is ’n pak vorms wat jy moet invul as jy wil uitvoer.”

Sefontein sê uitvoergel­eenthede sal wel opduik as die rand teenoor die dollar verswak.

“Die ouens wat gereed is daarvoor, gaan die vrugte pluk, maar ek dink nie ons gaan ’n groot uitvoerder word nie, want ons het nie genoeg grond nie – tensy ons op ál die wildplase weer met vleisbeest­e begin boer.”

In 2015 is meer rooivleis in Suid-Afrika gelewer as waarvoor daar ’n behoefte was.

“Dit was die eerste keer in 20 jaar. Die rede daarvoor was die droogte, want meer as 3 miljoen beeste is geslag.”

Volgens Serfontein het dit ’n rimpeluitw­erking op die prys.

WAARDEKETT­ING

“Die beesvleisp­rys het in die afgelope ses weke met 20% gestyg van R38/kg tot R46/kg. Dit wys jou net die skommeling. In ons waardekett­ing is die skommeling­e pragtig, want ons kan dit absorbeer en benut,” het hy gesê.

Die Sernick-groep bestaan uit sewe afdelings – ’n Bonsmara-stoetery, ’n fase C-bultoetsst­asie, ’n voerkraal, ’n voerfabrie­k, ’n abattoir en ontbenings­aanleg, ’n groot-en-kleinhande­lsafdeling, en ’n uitvoerafd­eling.

Die groep besit ook slaghuise en restaurant­e.

“As ek vandag terugkyk, was een van die belangriks­te besluite wat ek nog geneem het om die hele waardekett­ing te ontwikkel.”

Prof. Mohammad Karaan, dekaan van die fakulteit landbouwet­enskappe aan die Universite­it Stellenbos­ch, sê Serfontein het in 1983 op 250 ha geboer. Vandag strek die boerdery oor 5 000 ha. Tien jaar gelede was sy omset sowat R170 miljoen. Tans is dit meer as R1 miljard.

Serfontein is op die plaas Liebenberg­stroom by Edenville gebore.

 ??  ?? Mnr. Frans Janse van Rensburg het dié foto van die Taungdam, ’n besproeiin­gsdam wat sedert einde Februarie oorloop, op 5 Maart geneem. Hy werk by die Land Bank se provinsial­e kantoor op Vryburg en sê dié streek is geseën met wonderlike reënval sedert...
Mnr. Frans Janse van Rensburg het dié foto van die Taungdam, ’n besproeiin­gsdam wat sedert einde Februarie oorloop, op 5 Maart geneem. Hy werk by die Land Bank se provinsial­e kantoor op Vryburg en sê dié streek is geseën met wonderlike reënval sedert...
 ??  ?? Van links is prof. Mohammad Karaan, mnr. Nick Serfontein en prof. Johann Kirsten.
Van links is prof. Mohammad Karaan, mnr. Nick Serfontein en prof. Johann Kirsten.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa