Landbouweekblad

Puik pryse vir makadamias verwag

- — JASPER RAATS

BOERE wat aan die Green Farm Nut Company (GFNC) makadamias vir uitvoer lewer, het verlede jaar die beste pryse in 20 jaar verdien danksy die wisselkoer­s, sê mnr. Alex Whyte, hoofbestuu­rder van dié maatskappy.

Boere het gemiddeld $16,34 per kilogram vir hul neute verdien teen ’n wisselkoer­s van gemiddeld R14,49 per dollar.

Die rand vertoon vanjaar egter heelwat sterker en dit kan die randinkoms­te swakker laat vertoon. Whyte verwag pryse van $16 tot $17 per kilogram. “Ons kan dus vanjaar ’n beter prys vir makadamias aanbied as verlede jaar,” sê Whyte.

GFNC se ekonome maak aan die begin van elke produksiet­yd ’n voorspelli­ng van wat die gemiddelde wisselkoer­s en prys oor die leweringst­ydperk in daardie jaar gaan wees. Die gemiddelde wisselkoer­s bepaal in ’n groot mate die prys per kilogram wat dan aan boere betaal word. “Ons doen dit om regverdig te wees teenoor die boere by wie ons neute koop. Sodoende word produsente wat vroeër of later in die jaar lewer, nie bevoordeel of benadeel nie,” sê Whyte.

CHINA

Hoewel GFNC, een van Suid-Afrika se grootste verwerkers en uitvoerder­s van makadamias, tot dusver betreklik min ongedopte neute aan die Chinese mark lewer, sê Whyte China is ’n baie belangrike mark vir makadamias.

“Die Chinese ekonomie groei steeds teen 5% per jaar ten spyte van die land se probleme, en besteding aan voedselpro­dukte groei teen 18%,” sê hy. “Boonop hou die Chinese van makadamias.”

Ontleders voorspel dat die mark vir ongedopte neute in die volgende vyf jaar van 45 000 ton nou tot enigiets van 65 000 ton tot 90 000 ton gaan groei. Daarmee saam GFNC, wat jaarliks minstens ’n kwart van Suid-Afrika se totale makadamia-oes verwerk en bemark, verwag om vanjaar meer neute aan die Chinese mark te lewer – 25% van sy ongedopte neute en 6% van sy neutkerne. Ander neutkernma­rkte, soos Amerika, gaan 27% van GNFC se produk kry, met die res wat tussen Europa, Rusland, die Midde-Ooste en ander kleiner markte. “Ons het nie genoeg neute vir almal nie. Ons sal alles koop waarop ons ons hande kan lê, solank ons seker is die neute is nie gesteel nie,” sê Whyte.

‘Die Chinese ekonomie groei steeds teen 5% per jaar ten spyte van dié land se probleme. Besteding op voedselpro­dukte groei teen 18%.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa