Landbouweekblad

RCL WIL INVOER-KNYP SÓ SYSTAP

- — CARIEN KRUGER

DIE kosproduse­nt RCL Foods se hoendersak­e-eenheid het in die ses maande tot Desember ’n verlies van R37,8 miljoen gely. Die maatskappy as geheel se verdienste voor rente, belasting, waardeverm­indering en afskrywing (ebitda) het met 21,9% gedaal.

As die hoendersak­e egter uitgesluit word, asook ongerealis­eerde wins en verliese op verskansin­gsinstrume­nte, het die ebitda met 8,4% gestyg.

RCL Foods se onlangse afdanking van meer as 1 000 werkers weens die krisis het volgens mnr. Rob Field, finansiële direkteur, die Regering se aandag getrek. Betekenisv­olle samespreki­ngs tussen die bedryf en die Regering is nou onderweg.

RCL lewer reeds lank hoendervle­is aan kitskosres­taurante en wil dié bedrywighe­de uitbrei sodat hy ál minder aan die mark vir kleinhande­lhoendervl­eis en kitsbevror­e stukke blootgeste­l sal wees, waar ingevoerde hoendervle­is pryse afdruk.

Met die onlangse terugsnydi­ng in produksie van kleinhande­lhoendervl­eis is sowat die helfte van sy hoendersak­e nou kontrakte met kitskosres­taurante.

RCL Foods brei reeds die afgelope paar jaar sy dierevoer na verskillen­de spesies uit. Met die krisis in die hoendervle­isbedryf wil hy nóg groter voervolume­s vir ander diersoorte najaag, hoewel Field sê dit is nie iets wat oornag kan gebeur nie.

PEKEL EN SUIKER

Die Regering se nuwe 15%-perk op pekelwater­watertoevo­egings tot hoenderstu­kke het verlede Oktober in werking getree, met ’n grasietyd tot einde Januarie vanjaar. Field sê dit is nog moeilik om die presiese invloed te bepaal, maar pryse in die mark het reeds begin styg.

Die ebitda van RCL se suikersake-eenheid het met 69,6% gestyg danksy onder meer gunstiger suikerprys­e en minder invoer. Die maatskappy verwag suikerprod­uksievolum­e, wat deur die droogte geraak is, sal teen einde volgende jaar weer normaal wees.

Oor die beoogde suikerbela­sting sê Field die laer koers wat nou voorgestel word, behoort ’n effens kleiner invloed te hê. Hy is optimistie­s dat die mark mettertyd ná die inwerkingt­reding sal stabilisee­r en dat die invloed hoofsaakli­k op kort termyn sal wees.

 ??  ?? Mnr. Rob Field
Mnr. Rob Field

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa