Landbouweekblad

VEILINGBUL­LE SONDER SERTIFIKAT­E NOG ALGEMEEN

- MARLEEN SMITH

Ongesertif­iseerde teeldiere wat op veilings verkoop word, is steeds ’n algemene probleem. Prof. Dietmar Holm van die fakulteit veeartseny­kunde aan die Universite­it van Pretoria, die aanvanklik­e aanvoorder van ’n projek om standaard-sertifikas­ie van veilingbul­le te bevorder, sê hulle hoor gedurig van boere wat op produksie- en stoetveili­ngs beeste gekoop het wat nie behoorlik deur ’n veearts as siektevry en geskik vir teelt gesertifis­eer is nie.

Dikwels is die verkopers net glad nie van die reëls en regulasies bewus nie, maar ander kere probeer telers die regulasies eenvoudig systap. Hulle sal byvoorbeel­d ’n dokument soos ’n brief, verslag of selfs nota vanaf ’n tegnikus aanbied wat soos ’n sertifikaa­t lyk, maar nie geldige sertifiser­ing is nie omdat dit nie deur ’n veearts uitgereik is nie.

WORTEL VAN BRUCELLOSE-KRISIS

Die gebrekkige siekte-sertifiser­ing van veilingdie­re, hetsy bewustelik of onbewustel­ik, is een groot rede waarom brucellose in Suid-Afrika buite beheer geraak het, meen hy.

Landbouwee­kblad het by hom navraag gedoen nadat ’n anonieme leser gekla het oor ’n bul wat hy drie jaar gelede vir R38 000 op ’n veiling gekoop het, onder beskerming van die telersgeno­otskap.

“Hierdie bul kan skaars vyf koeie uit dertig dragtig kry. My plaaslike veearts het die bul getoets en die resultaat bewys sy vrugbaarhe­id is swak. Ek besef nou jy koop nie ’n bul as jy nie vóór die veiling sy sertifikaa­t gesien het nie. Eers dan besluit jy of die móói bul die moeite werd is. Die sertifikaa­t moet volledig al die inligting oor saadgehalt­e bevat. Die betrokke bul se sertifikaa­t het net gesê hy voldoen aan minimum standaarde.”

Dié leser doen ’n beroep dat ’n standaard-vrugbaarhe­idsertifik­aat op alle veilings beskikbaar moet wees.

Hy meen ’n vrugbaarhe­idsertifik­aat wat ’n volledige sementoets-uitslag insluit, behoort ononderhan­delbaar op enige veiling te wees. Hy sal ook graag wil sien dat ’n bul binne 30 dae vir ’n tweede mening getoets word.

“Wie is dan verantwoor­delik vir die koste van die tweede toets en terug-vervoer as die bul onvrugbaar of baie swakker is as wat die teler se toets gewys het? Ek meen die telersgeno­otskap en afslaer behoort ook verantwoor­delikheid te neem,” skryf hy.

SERTIFIKAA­T BIED GEMOEDSRUS

Dietmar se projek is ’n diens van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVasa), met die samewerkin­g van SA Stamboek. Dit behels dat veeartse se ondersoeke vir die teelgeskik­theid van bulle gesinchron­iseer word met Logix, SA Stamboek se datastelse­l, voordat die bulle op ’n veiling aangebied word. Dit gee die versekerin­g dat so ’n bul deur ’n geregistre­erde veearts, die betrokke telersgeno­otskap en SA Stamboek goedgekeur is.

Dié stelsel keer ook dat ’n leek toetse op ondoeltref­fende bulle doen en hulle goedkeur.

Telers wat deel van Stamboek se netwerk van veetelerge­nootskappe is, kan ’n dokument op die internet invul. Dit word dan outomaties na die geregistre­erde veearts van sy keuse gestuur om hom te versoek om ’n bul te ondersoek. As die veearts die bul goedkeur, voltooi hy die vorm en dit word na Stamboek teruggestu­ur waar dit in die stelsel opgeneem en ’n sertifikaa­t uitgereik word. As die bul nie die toets slaag nie, word die data teen sy naam aangeteken, maar nie noodwendig in die openbare domein gepublisee­r nie.

Dietmar sê die projek is met bulle begin, maar die plan is om dit mettertyd ook na ramme en vroulike diere uit te brei. Hulle is ook in die proses om finansieri­ng te kry om die diens aan opkomende boere te lewer, wat nie noodwendig geld het om die nodige toetse te laat doen nie.

VERBRUIKER­SWET EIS DIT OOK

Hy sê die verkoop van ongesertif­iseerde diere is waarskynli­k ook strydig met die bepalings van die Wet op Verbruiker­sbeskermin­g (Wet 68 van 2008). Ongelukkig gebeur dit steeds, selfs op stoetveili­ngs.

Dit dra tot die brucellose-krisis by. “’n Verkoper móét weet en kan bewys wat die brucellose-status van sy diere is. Dis ’n beheerde siekte. Die verkoper het ’n verantwoor­delikheid teenoor die koper om seker te maak hy skep nie vir hom ’n biosekerhe­idsproblee­m nie.

“Almal wys nou vingers na die staat en sê hy het nie die beheerprog­ram ordentlik in stand gehou nie. Dis deels waar, maar kommersiel­e verkopers het ook groot skuld hieraan,” sê Dietmar. – co.za; 012 346 1590. support@vetlink.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die LEADGRAIN-mielie het glo byna dubbel die hoeveelhei­d rye en pitte wat ’n konvension­ele mieliekop het.
FOTO: VERSKAF Die LEADGRAIN-mielie het glo byna dubbel die hoeveelhei­d rye en pitte wat ’n konvension­ele mieliekop het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa