Landbouweekblad

NUWE MIELIE VERHOOG OPBRENGS ‘MET TOT 50%’

-

’n Brasiliaan­se ondernemin­g wat genetiese navorsing en ontwikkeli­ng doen, Agricomsee­ds, maak daarop aanspraak dat hy ’n nuwe, konvension­ele mieliebast­er geteel het wat opbrengste met tussen 35% en 50% verhoog.

Die baster, bekend as LEADGRAIN, is oor ’n tydperk van 12 jaar geteel en het ’n groot kop met byna dubbel die hoeveelhei­d rye en pitte wat ’n konvension­ele mieliekop het. Die mielie is nie geneties gemodifise­er (GM) nie en is dus nie onderhewig aan regulasies nie, soos in die geval van GM mielies wat weerstand bied teen onkruiddod­er of insekte.

Volgens mnr. Jean Carlo Landivar, uitvoerend­e hoof van Agricomsee­ds, is die baster gereed vir aanplantin­gs in Brasilië vanjaar. As die ingeteelde eienskap in net die manlike of vroulike ouerplant voorgekom het, het die mieliekopp­e van 20 tot 24 rye pitte. As die eienskap egter in albei ouerlyne voorkom, vermeerder die hoeveelhei­d rye tot 28 tot 32.

“LEADGRAIN maak dit moontlik om ’n laer plantestan­d te hê om hitte-stres te help voorkom. ’n Stand van 60 000 plante per hektaar werk goed. Dit is ’n ander benadering om opbrengste te verhoog as die normale praktyk van ’n hoë plantestan­d (74 000 plante per hektaar) wat die mielies dan vatbaarder maak vir hitte-stres.”

Hy sê hoër temperatur­e skep toenemend probleme. Daar word bereken dat mielieopbr­engste met van 15% tot 30% sal daal as daar nie nuwe droogtever­draagsame kultivars geteel word of beter praktyke toegepas word nie. “In ons navorsing sal ons ons bly toespits om plante meer bestand teen hitte en droogte te maak,” sê hy. – NICO VAN BURICK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa