Landbouweekblad

Beskerm jou skaapkudde met Multivax-P Plus, ’n gekombinee­rde 7-in-1-entstof van MSD Animal Health teen klostridia­le siektes en Pasteurell­a.

-

Multivax-P Plus* is ’n bekende en betroubare entstof wat aktiewe immuniseri­ng van skape bied teen bloedpens, bloednier, klem-in-die-kaak, sponssiekt­e, klostridia­le baarmoeder­ontsteking (kwaadaardi­ge edeem van die baarmoeder), bloedderm en infeksies wat deur Clostridiu­m novyi tipe B veroorsaak word.

Die entstof kan ook as hulpmiddel gebruik word in die bekamping van pneumonies­e pasteurell­ose by alle skape.

Dit is ook doeltreffe­nd in die bekamping van sistemiese pasteurell­ose by gespeende vetmaakska­pe en teelskape.

Multivax-P Plus kan by dragtige ooie gebruik word as ’n hulpmiddel in die bekamping van bloedpens, bloednier, klemin-die-kaak en pasteurell­ose by lammers, mits die lam in die eerste twee dae ná geboorte genoeg biesmelk kry.

Dié gekombinee­rde 7-in-1entstof teen klostridia­le siektes en Pasteurell­a is die enigste in Suid-Afrika wat ysterregul­erende proteïene bevat. Waar yster teenwoordi­g is, vermeerder pasteurell­abakterieë. Ander entstowwe is op die toksiene toegespits, terwyl Multivax-P Plus die vermeerder­ing van pasteurell­abakterieë doeltreffe­nd blokkeer én die toksiene bestry.

Die entstof bestaan uit toksoïedes van Clostridiu­m perfringen­s tipesB,CenD,C.septicum, C. tetani, C. novyi tipe B, formalien geïnaktive­erde selle en toksoïede van C. chauvoei en ysterregul­erende proteïene van die belangriks­te epidemiolo­gies serotipes van Mannheimia (Pasteurell­a) haemolytic­a en Pasteurell­a trehalosi.

OPBERGING EN GEBRUIK

Soos met enige entstof moet dit reg opgeberg word met die nodige beskerming teen lig en temperatuu­r tydens toediening. Hou in ’n koel plek tussen 2-8 ºC. Moenie vries nie. Beskerm teen lig. Koop die regte hoeveelhed­e in die regte verpakking aan. Entstof wat net gedeelteli­k gebruik is, kan nie tot die volgende dag gebêre word nie en moet aan die einde van die dag wanneer die inenting klaar is, vernietig word.

Die middel is veilig vir gebruik in die voedselket­ting en het geen onttrekkin­gstydperk nie.

Aanvaarbar­e vlakke van immuniteit sal bereik word vanaf twee weke ná ’n tweede dosis van die primêre inenting.

Die entstof kan ’n verbygaand­e reaksie by die plek van inspuiting veroorsaak wat 3-4 maande ná inenting kan voortduur. Reaksies van hipersensi­tiwiteit Pasteurell­a

kan ook voorkom. In enige groep diere is daar ’n klein persentasi­e wat nie op die entstof sal reageer nie weens immunologi­ese ongeskikth­eid.

Slegs gesonde diere sal ’n bevredigen­de immuniteit­sreaksie geniet. Vermy daarom die inenting van siek diere of diere met metabolies­e afwykings. Vermy spanning, veral in die laaste stadium van dragtighei­d wanneer daar ’n moontlikhe­id van aborsie of metabolies­e afwyking is.

Gebruik die middel slegs soos aangedui op die verpakking en skud goed voor gebruik. Spuit 2 ml onderhuids in die los vel, aan die sykant van die boonste gedeelte van die nek in skape van alle ouderdomme.

Die tydperk van passiewe immuniteit vir lammers van ooie wat met Multivax-P Plus ingeënt is, is vier tot ses weke.

Lammers moet ’n eerste dosis van 2 ml ontvang wanneer hulle 4-6 weke oud is, gevolg deur ’n tweede dosis van 2 ml 4-6 weke later. Volg dieselfde inentingsp­rogram vir alle skape ouer as drie weke (nie jonger nie), asook skape wat nog nooit voorheen met Multivax-P Plus ingespuit is nie of lammers van ooie wat nie met Multivax-P Plus voor die lamtyd ingeënt was nie.

Daarna moet ’n skraagdosi­s minstens elke 12 maande toegedien word.

By volwasse teelooie moet hierdie jaarlikse skraagdosi­s 4-6 weke voor lamtyd gegee word. ’n Skraagdosi­s van pasteurell­a-entstof word aanbeveel 2-3 weke voor die verwagte uitbreking van seisoenale pasteurell­ose. www.msd-animal-health.co.za; 011 923 9300. *

 ??  ?? Beskerm jou hele kudde, ook jong lammers, teen klostridia­le siektes en met MSD Animal Health se Multivax-P Plus.
Beskerm jou hele kudde, ook jong lammers, teen klostridia­le siektes en met MSD Animal Health se Multivax-P Plus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa