Landbouweekblad

VRYSTAAT LANDBOU KRY ’N PUIK VENNOOT VIR NUWE PROJEK

- CORLI VAN DER MERWE

DIE anti-apartheids­tryder en voormalige kabinetsli­d mnr. Jay Naidoo het sy gewig agter ’n Vrystaatse bemagtigin­gsinisiati­ef gegooi.

Kragtens die Ficksburg-verklaring wat onlangs op dié Oos-Vrystaatse dorp onderteken is, onderneem Vrystaat Landbou, die Earthrise Trust (waarvan Naidoo ’n trustee is) en etlike gemeenskap­sorganisas­ies en internasio­nale hulporgani­sasies om die lot van landelike gemeenskap­pe te verbeter deur spesifieke opheffings­projekte.

Mnr. Henk Vermeulen, hoofbestuu­rder van Vrystaat Landbou, sê die projek het sy oorsprong op die plaas Rustler’s Valley tussen Ficksburg en Rosendal wat aan die Earthrise Trust behoort. Daar het Naidoo sy ervaring in maatskapli­ke ontwikkeli­ng gebruik om die plaasbewon­ers op te hef en te bemagtig.

“Jay wou grond verskaf aan die plaasbewon­ers sodat hulle hul eie voedsel kon lewer. Hulle het by Vrystaat Landbou aangesluit as ’n boerdery, hoewel die plaas meer vir toerismedo­eleindes gebruik word. Ons het gesprekke begin voer oor hoe ons opheffings­werk in die omgewing kan doen.”

Die groep lê klem op maatskapli­k-ekonomiese kwessies soos wanvoeding en werklooshe­id, asook grondhervo­rming (spesifiek werknemers se verblyfen eiendomsre­g).

Vermeulen sê verskeie grondhervo­rmingsmode­lle word ondersoek, met die hoop om meetbare uitkomste vir dié modelle te ontwikkel.

Onder die betrokke organisasi­es is AfriGrow, Oxfam Suid-Afrika en die Seriti-instituut. Die groep is voornemens om ontwikkeli­ngsgeleent­hede in die omgewing te ontgin, bestaande projekte uit te brei en vennootska­ppe te skep wat landbougem­eenskappe bemagtig. Vrystaat Landbou beoog om dié inisiatief na die res van die provinsie uit te brei.

 ?? FOTO:VRYSTAATLA­NDBOU ?? Mnre. Dan Kriek (hurkend, links voor) voorsitter van Vrystaat Landbou, en Jay Naidoo (hurkend, regs voor) by die groep wat almal die Ficksburg-verklaring op 30 Januarie onderteken het.
FOTO:VRYSTAATLA­NDBOU Mnre. Dan Kriek (hurkend, links voor) voorsitter van Vrystaat Landbou, en Jay Naidoo (hurkend, regs voor) by die groep wat almal die Ficksburg-verklaring op 30 Januarie onderteken het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa