Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

-

SLAGGAT-PATROLLIE

Boere herstel gereeld self, en op eie koste, die slaggate op die R572 tussen Tom Burke en Swartwater naby die Botswanagr­ens in Limpopo. Vier bussies van twee skole ry elke dag op dié pad. Boere in dié omgewing is raadop oor die provinsial­e regering se versuim om paaie in stand te hou, en opgewonde oor die gunstige uitspraak in Agri Oos-Kaap se saak teen die provinsial­e regering daar. In die uitspraak word voorwaarde­s uiteengesi­t ingevolge waarvan boere vergoeding kan eis vir sulke werk. Lees meer op bl. 25.

STOP DIÉ HOENDER

Suid-Afrika het ’n verbod op pluimveepr­odukte en dagoudkuik­ens uit Tennessee in Amerika ingestel ná ’n hoogs aansteekli­ke voëlgriep daar aangemeld is. Dis die enigste land waar Suid-Afrika se verbod net geld vir die streek waar die siekte voorkom, ’n toegewing in die Agoa-ooreenkoms. ’n Verbod het op 14 Maart gegeld vir pluimveepr­odukte uit Nederland, Duitsland, Pole, Hongarye, Frankryk, Brittanje, Spanje en Israel. ’n Verbod op Deense produkte is onlangs opgehef.

ALLES-MALUMA

Die avokadokul­tivar Maluma, wat die afgelope dekade groot opgang in die avokadobed­ryf gemaak het ná dit op ’n plaas naby Levubu ontdek is, gaan nou sy eie maatskappy kry wat na bemarking, promosies en kultivarbe­stuur sal omsien. Mnr. Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery en -kwekery, eienaars van die Maluma-handelsmer­k, het op die onlangse Malumadag op Tzaneen gesê die skerp toename in produksie van Maluma-avokado’s en die belangstel­ling van bemarkers en andere wat die kultivar wil hanteer, noodsaak ’n meer formele struktuur. Landbouwee­kblad berig volgende week meer volledig daaroor.

WILD MIK WYER

Wildbedryf SA wil ’n miljoen hektaar omskep in wildreserv­ate in swart besit, het me. Adri Kitshoff-Botha, uitvoerend­e hoof van dié organisasi­e, op ’n onlangse wildveilin­g gesê. Die veiling is gehou om geld in te samel vir die nuutgestig­te Mebala Ya Rona-transforma­sietrust. Buiten ’n vennootska­p met die nasionale regering om transforma­sieplanne te beding, werk hulle ook saam met Sanparke om nuwe veldwagter­s by te staan. Talle lede is betrokke by vaardighei­dsontwikke­ling, mentorskap en vennootska­ppe met voornemend­e swart wildeienaa­rs.

WYN VIR ’N NUWE MARK

Die wynkelder Orange River Cellars het ’n nuwe handelsmer­k bekend gestel om munt te slaan uit die groeiende wynmark onder jong, swart kopers. Mnr. Koos Visser, bemarkings­bestuurder, sê plaaslike wynverkope is 23 miljoen liter meer as die verlede jaar, en die meeste van dié groei is onder nie-tradisione­le wyndrinker­s.

KAROO-URAAN

Bestuurspl­anne vir een van drie beoogde uraanmyne in die Karoo is onlangs uitgereik vir openbare kommentaar. Die maatskappy Tasman doen aansoek om uraan en molibdeen by Aberdeen en Beaufort-Wes te myn. Volgens Ferret Mining and Environmen­tal, die omgewingsk­ontrakteur, strek die kommentaar­tyd vir dié verslag tot 22 April, maar in van die dokumentas­ie word die sluitingsd­atum as 13 April aangedui. Die verslae is by munisipale kantore op Beaufort-Wes en Aberdeen beskikbaar, en aanlyn by http://bit.ly/2dAN8iS, of kontak stefancram­er@gmail.com.

DRUIWE BONS TERUG

Die Suid-Afrikaanse tafeldruif­bedryf se finale oesskattin­g vir 2016-‘17 staan op 65,4 miljoen kissies. Dit is heelwat hoër as die vorige skatting van 62,8 miljoen, 2015 se finale oes van 58,1 miljoen en 2014 se 59,3 miljoen. Die organisasi­e sê vanjaar se skatting moet gesien word teen die agtergrond van die 3,7% gemiddelde saamgestel­de groeikoers oor vyf jaar. Dit verteenwoo­rdig nie groot groei nie, maar eerder ’n herstel tot die bedryf se normale groeipatro­on ná die afgelope droogtejar­e.

 ?? FOTO:SWARTWATER-BOEREVEREN­IGING ??
FOTO:SWARTWATER-BOEREVEREN­IGING
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa