Landbouweekblad

DIEANDERSÊ

-

Graan SA voer aan dat die koring-invoertari­ef Suid-Afrika nie sal seermaak nie, want vele ander faktore beïnvloed die broodprys. Tog volg die broodprys al vir die afgelope vier jaar dié van koring, skryf dr. Neva Makgetla, ekonoom. Vanaf 2011 tot 2016 het die koringprys 12% hoër as inflasie gestyg en dié van ’n standaardw­itbrood met 13%. In 2013 het handelsowe­rhede bereken die tarief sou nagenoeg 1,6% jaarliks by die broodprys voeg.

Die onderligge­nde probleem is dat Suid-Afrika nie die regte klimaat en omgewing het vir koring nie. Klimaatsve­randering vererger die probleem. Volgens die Verenigde Nasies se Voedselen Landbouorg­anisasie (VLO) was die Suid-Afrikaanse produsente­prys van 2011 tot 2013 altesame 40% hoër as in Argentinië, die Oekraïne en Rusland en amper 20% hoër as in Duitsland en Amerika. Op die lange duur kan Suid-Afrikaanse boere nie meeding sonder staatsbesk­erming nie.

Die koste van die tarief kan bereken word as die verskil tussen die eenheidspr­ys van koringinvo­er en die plaaslike koringprys. Hiervolgen­s was die koste nagenoeg R2,6 miljard – amper R500 000 per koringplaa­s, R55 000 per plaaswerke­r en R1 200 per huishoudin­g. Makgetla waarsku dat ’n verlies aan plaaslike produksiev­ermoë Suid-Afrika sal blootstel aan voorsienin­gstekorte wat pryse nog meer kan laat styg as die wêreldvoor­raad daal of die rand verswak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa