Landbouweekblad

GRONDKWESS­IE: NATUURLIKE PROSES IS BETER

-

Pres. Jacob Zuma se ampstermyn is besig om uit te loop en die ANC se gewildheid is besig om drasties te taan. Zuma besef dat hy iets drasties sal moet doen om enigsins iets blywends na te laat as sy termyn verby is. Hy gryp nou na strooihalm­s, want alles in SuidAfrika is besig om ’n kreeftegan­g te gaan.

Die strooihalm­s waarna hy gryp om sy bas by sy ondersteun­ers te red, is radikale grondhervo­rming en radikale ekonomiese transforma­sie, wat alles vanjaar blitsvinni­g afgehandel moet word. Wat ’n onrealisti­ese droom!

Die towerwoord by grondhervo­rming is grondontei­ening. Die hele proses gaan glo in een wet saamgevat word en alles gaan seepglad en sonder enige teenkantin­g en probleme afgehandel word, reken hy.

Wat die radikale ekonomiese transforma­sies gaan behels, is nie baie duidelik nie. Gaan die Regering ook die onteiening­swetgewing gebruik of gaan hy nasionalis­eer? Daar is mos reeds ’n voorstel op die tafel dat die Regering die hoenderbed­ryf moet nasionalis­eer en dat dít dan die einde van die bedryf se probleme sal wees.

As ek vir Zuma raad kan gee: Wag eers so ’n bietjie met jou radikale planne en gaan kyk mooi wat is besig om in Suid-Afrika te gebeur. Volgens my waarneming vind daar ’n groot gesindheid­sveranderi­ng plaas. Die swart mense besef al hoe meer dat die wit mense met hul kennis en kapitaal ’n groot rol te speel het om Suid-Afrika weer op die wenpad te plaas.

Ons land se mense raak al hoe gemakliker met mekaar. Kyk hoe is dit vandag op die land se sportvelde en in die restaurant­e en die groot inkopiesen­trums. Oral is ons almal al hoe gemakliker met mekaar. In winkels gee niemand meer om wie hom of haar bedien nie. Op plase en by plaaslike ondernemin­gs is mense wat 20 jaar gelede slegs hande-arbeiders kon wees, vandag in bestuurspo­ste. Dit is ’n natuurlike proses wat vorentoe drasties gaan versnel, en almal gaan die vrugte daarvan pluk.

Al wat die Regering tot dusver met grondhervo­rming kon regkry, was om hoogs produktiew­e plase te vernietig en miljoene rande te vermors wat broodnodig was om die land in stand te hou en op te bou.

As Zuma en sy Regering ’n blywende nalatenska­p wil hê, moet hulle ál die landbougro­nd wat nutteloos lê en aan die staat en tradisione­le leiers behoort, laat opmeet en in klein, middelslag­en groot plase opdeel. As hul daarmee klaar is, dan weet hul hoeveel plase hulle het. Dan kan hulle vir elke plaas ’n opkomende boer gaan identifise­er en hom help om kaart en transport vir die plaas te kry.

Dit sal ’n baie goedkoper proses wees en baie meer mense gaan sinvol daarby baat vind, terwyl kommersiël­e boere ongehinder­d sal kan voortgaan om Suid-Afrika van kos en valuta te voorsien. Kaart en transport is ’n absolute voorvereis­te vir ’n suksesvoll­e, volhoubare boerdery. As dít gedoen word en die boere kry die nodige ondersteun­ing, sal dit baie gunstige gevolge vir die land hê, en Zuma sal ’n goeie nalatenska­p hê.

Dit is oor en oor bewys dat gedwonge inmenging en om mense teen mekaar af te speel, nog altyd nadelige gevolge gehad het. ’n Natuurlike proses is altyd die beste, veral as dit tot almal se voordeel reg bestuur word. Dit is ook ’n funksie waarmee die Regering kan help. PETRUS ROUX Villiersdo­rp

 ?? FOTO: VERSKAF ?? VEILIG BY OUPA . . . Klein Phia Fourie het verlede maand die eerste keer uit Kanada by haar oupa Appie en ouma Marietjie Viviers van Beaufort-Wes gekuier. Hier lees sy (net 10 weke oud toe die foto geneem is) lekker aan Landbouwee­kblad saam met haar...
FOTO: VERSKAF VEILIG BY OUPA . . . Klein Phia Fourie het verlede maand die eerste keer uit Kanada by haar oupa Appie en ouma Marietjie Viviers van Beaufort-Wes gekuier. Hier lees sy (net 10 weke oud toe die foto geneem is) lekker aan Landbouwee­kblad saam met haar...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa