Landbouweekblad

AUSSIES VANG BROMMERS IN ’N HOK

-

Vir die uitroei van skaapbromm­ers gebruik Australies­e boere ’n vanghok waarvan die oprigting omslagtig mag lyk, maar wat min moeite vereis en baie doeltreffe­nd is.

Só skryf A.J. Pepler, ’n Suid-Afrikaner wat in Australië studeer, in ’n artikel. Vir die hok is sifdraad, ’n balie, ’n lampoliebl­ik, ’n halwe skaapkarka­s en ’n gifmengsel nodig.

Australies­e boere gebruik die karkasse van uitskotska­pe vir die vanghok. Hulle sny so ’n skaap keelaf, maar slag dit nie af nie. Dan verdeel hulle die karkas in twee deur die kop, blaaie en boude af te sny en vir een vanghok te gebruik. Die liggaam, waarvan die harslag verwyder, maar die pens nie oopgesny word nie, gaan na ’n ander vanghok.

Hulle sit ’n halwe karkas in ’n balie saam met ’n spesiale gifmengsel. Neffens die balie kom die lampoliebl­ik met ’n deel van die harslag saam met skoon water daarin. Dit is die lokaas.

Die blik se deksel word met ’n spyker vol gaatjies geslaan. Die gaatjies moet klein genoeg wees sodat vlieë en brommers nie daardeur in die blik kan gaan nie.

Sodra die lokaas in die blik begin verrot, lok die reuk deur die gaatjies die brommers aan. Hulle kan nie by die lokaas uitkom nie, maar gaan na die vergiftige halwe karkas waar hulle by die hope vrek.

’n Hok van sifdraad word oor die balie en lampoliebl­ik geplaas sodat diere nie daarby kan kom nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa