Landbouweekblad

EKONOOM SE DOOD ’N ENORME VERLIES

- CORLI VAN DER MERWE

“EEN van die unieke en skaars landbou-ekonome wat met groot sorg met Suid-Afrika se landboudat­a kon werk,” is hoe dr. Frikkie Liebenberg (foto regs bo) onthou word deur die ekonoom prof. Johann Kirsten (foto regs middel).

Liebenberg (54) is op 10 Maart op sy plaas naby Bronkhorst­spruit doodgeskie­t. Hy was sedert 2012 ’n dosent aan die Universite­it van Pretoria nadat hy jare lank by die Departemen­t van Landbou en die Landbounav­orsingsraa­d gewerk het.

Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universite­it Stellenbos­ch, was ’n oudkollega en studieleie­r van Liebenberg.

“Hy is waarskynli­k die enigste kundige wat die detailtraj­ek van die kommersiël­e landbou sedert die uniewordin­g in 1910 kon verstaan,” sê Kirsten. “Hy het vir ’n groot deel van sy loopbaan die historiese syfers van die SuidAfrika­anse landbou gedokument­eer en in die laaste tien jaar met die skattings oor die opbrengs van landbounav­orsing wat betref landboupro­duktiwitei­t gewerk.

“Sy nalatenska­p is sekerlik die aanbevelin­gs vir korreksies tot amptelike data en sy pleidooi aan die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, sowel as Statistiek­e Suid-Afrika vir ’n omvattende en inklusiewe sensus van die landbou, wat strek oor die spektrum van klein tot groot plase.”

GEHEEL EN DETAIL

Prof. Nick Vink (foto regs onder), landbou-ekonoom van die Universite­it Stellenbos­ch, sê: “Hy was ’n regte detail-man, maar het ook altyd sy oog op die groter prentjie gehou. Die res van ons kon half skaamteloo­s gebruik maak van die kundigheid wat hy opgehou het.”

Hy sê Liebenberg was die enigste navorser wat die bedryf as geheel, maar ook belangrike detail, in perspektie­f kon sien.

“Frikkie wou ook altyd seker maak dat data akkuraat is. As hy eers met ’n datastel gewerk het, het jy geweet dis die beste wat jy gaan kry. Ons het nie nog so iemand in Suid-Afrika nie. Met hom weg sal ons van voor af iemand moet ontwikkel om dié tipe werk te doen.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa