Landbouweekblad

‘RED EERS BEDRYF, TAKEL DÁN TRANSFORMA­SIE’

- JOYLENE VAN WYK

DIE Regering moet eers net help om die krisis op te los wat veroorsaak word deur hoendervle­isstorting uit die Europese Unie (EU), en dán aandag gee aan die transforma­sie van die sektor, sê die Food and Allied Workers Union (Fawu). Dit is bekend dat Suid-Afrika se pluimveebe­dryf nie na wense getransfor­meer is nie, maar indien die hoendervle­isstorting, wat reeds tot die sluiting van maatskappy­e en die verlies aan duisende werksgelee­nthede gelei het, nie vinnig opgelos word nie, sal niks oorbly om te transforme­er nie.

Mnr. Katishi Masemola, hoofsekret­aris van Fawu, het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir handel en nywerheid gesê die Regering moet onmiddelli­k invoertari­ewe op hoendervle­is verhoog en na teenstorti­ngsbelasti­ng kyk.

Op kort tot mediumterm­yn moet die moontlikhe­id van ’n “handelsoor­log” ondersoek word deur wedersydse tegniese versperrin­gs in te stel vir handel in hoendervle­is aan die been wat Suid-Afrikaanse kettingwin­kels van die EU invoer.

VOËLGRIEP?

“Dit kan nie wees nie dat Suid-Afrikaanse pluimveepr­odukte, spesifiek borsvleis, toegang tot die EU verbied word weens ‘voëlgriep by volstruise’, terwyl voëlgriep ook in die EU voorkom, soos onlangs in die ‘werklike pluimveese­ktor’ die geval was. Suid-Afrika het die veiligheid­smaatreëls verwyder toe die EU-lidlande eenparig beweer het dat hulle vry van voëlgriep is, sonder dat Suid-Afrika hul bewerings eers voldoende geverifiee­r het,” het Masemola gesê.

Mnr. Patrick Maloyi, ANCLP, het Fawu gevra of die Regering hoendermaa­tskappye wat weens die krisis toegemaak het, onder sy vlerk moet neem of moet help met subsidies vir sekere produksiek­oste.

Masemola het gesê Fawu het nie ’n probleem met die voorstel dat die Regering dié maatskappy­e oorneem nie, maar dit sal nie ’n verskil maak as die hoendervle­isstorting nie gekeer word nie. “As ons nie as ’n sektor oorleef nie, sal daar nie transforma­sie wees om van te praat nie. Transforma­sie is noodsaakli­k, maar laat ons eers die krisis oplos,” het hy gepleit.

Die voortbesta­an van die land se voedselsek­erheid, die landelike ekonomie en 130 000 werkers en hul gesinne is nou grootliks in die hande van die Regering.

DUBBELE STANDAARDE

In ’n onlangse meningstuk vir Business Day skryf die ekonoom mnr. Mike Schüssler boere in die EU ontvang regstreeks­e én onregstree­kse subsidies, uitvoerbys­tand én kwotabeske­rming vir hoërmarge-witvleis. Daarby het die EU ingewikkel­de dieregeson­dheidsen -welstandsm­aatreëls. Dié maatreëls tree in werking wanneer invoer kwalik 7% van die algehele mark beslaan, maar die EU verwag Suid-Afrika moet veel meer tegemoetko­mend wees.

Hy skryf die Europese Kommissie erken self as Europese invoertari­ewe met 50% verlaag word, sal Argentinië, Brasilië, die Oekraïne en Thailand borsvleis teen ’n laer prys kan verskaf as die Europese produsente. Hy reken Suid-Afrika se pluimveebe­dryf is omtrent so doeltreffe­nd soos dié van Thailand.

“Internasio­nale studies deur Europese universite­ite het getoon Suid-Afrikaanse produsente lewer hoender goedkoper en doeltreffe­nder as hul Europese eweknieë. Dit word bewys deur die feit dat heel, vars hoenders in Suid-Afrikaanse winkels goedkoper is as in die meeste Europese lande, terwyl hoenderbor­svleis minder as die helfte kos van dié van Europese produsente.”

Schüssler skryf verskeie Europese lande is reeds aan onregverdi­ge handelspra­ktyke skuldig bevind en selfs daarvan beskuldig dat hulle die afgelope 16 jaar die hoenderbed­ryf in Ghana, Benin en Nigerië vernietig het. “Klein familieboe­rderye én nywerheids­plase is gedwing om hul deure te sluit, al het hulle ekonomies geboer. Niemand kon met gesubsidie­erde hoendervle­is meeding nie.” —

‘As ons nie as ’n sektor oorleef nie, sal daar nie transforma­sie wees om van te praat nie.’

 ??  ?? Mnr. Mike Schüussler
Mnr. Mike Schüussler

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa