Landbouweekblad

VSA hoendervle­is trap vas

- CARIEN KRUGER

AMERIKAANS­E hoendervle­is op Suid-Afrikaanse winkelrakk­e was verlede jaar omtrent so skaars soos hoendertan­de, maar ’n onlangse foto op Facebook wys dat dit nou op minstens Food Lover’s Market se rakke te koop is.

In Desember was Amerika naas Brasilië Suid-Afrika se grootste bron van ingevoerde hoendervle­is, toe 14,4% daarvan uit Amerika gekom het.

Mnr. Kevin Lovell, uitvoerend­e hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), sê

die styging kon verband gehou het met die invoerverb­od uit sekere Europese lande weens voëlgriep. Verder kon die Suid-Afrikaanse verbruiker nou genoeg vertroue in die produk gekry het.

Altesame 65 000 ton Amerikaans­e hoenderstu­kke aan die been mag sedert Januarie verlede jaar jaarliks sonder teenstorti­ngstariewe ingevoer word. Dié toegewing is gemaak sodat Suid-Afrika deel kon bly van die Amerikaans­e wet op groei en geleenthed­e in Afrika (Agoa).

Minder hoendervle­is as verwag is egter ingevoer.

Ene mnr. Michael Basson het op 2 Maart ’n foto van Amerikaans­e

hoendervle­is in Food Lover’s Market op Facebook geplaas. Hy het gevra dat mense boere red en nie die produk koop nie. Teen 15 Maart is die foto meer as 13 500 keer aangestuur. Dit het ook uiteenlope­nde kommentaar ontlok. Sommige mense het met Basson saamgestem en gesê werkgeleen­thede en die ekonomie word deur ingevoerde hoendervle­is benadeel, maar ander het gesê hulle koop volgens prys.

Daar was ook verskeie mense wat ongunstige opmerkings oor wit boere gemaak het en gesê het hulle sal juis daarom die hoendervle­is in grootmaat koop.

 ?? FOTO: FACEBOOK ?? Dié foto van ingevoerde Amerikaans­e hoendervle­is het wye reaksie ontlok.
FOTO: FACEBOOK Dié foto van ingevoerde Amerikaans­e hoendervle­is het wye reaksie ontlok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa