Landbouweekblad

KLEINHANDE­L DRUK HOËR PLAASHEKPR­YSE DOOD

- CARIEN KRUGER

’N OOS-KAAPSE melkkoper het sy winterprys­verhoging van 40c aan melkboere teruggetre­k nadat supermarkg­roepe geweier het om hoër produkprys­e aan verbruiker­s deur te gee.

Kleinhande­laars het glo in die onderhande­linge met Woodlands Dairy van Humansdorp gesê hulle sal eerder langleweme­lk invoer as om hul winkelrakp­ryse te verhoog.

Melkboere elders in die land vrees dieselfde kan met húl verwagte winterverh­ogings gebeur.

Mnr. Lex Gutsche, uitvoerend­e hoof van Woodlands, sê die ondernemin­g het ’n verhoging van 40c beoog om mededingen­d te bly en omdat ’n verhoging dié tyd van die jaar gebruiklik is.

Woodlands se grootste kliënte wou egter geen prysverhog­ing aanvaar nie, onder meer oor die trae ekonomie, druk op verbruiker­s en die verwagte groot mielie-oes en laer mielieprys­e.

Gutsche sê hy het boere vooraf gewaarsku hy is bekommerd oor die vlak van die verhoging. Betreklik hoë plaashekpr­yse en lae mielieprys­e in die eerste helfte van 2015 het tot oorproduks­ie gelei, waarna plaashek- en verkooppry­se in die tweede helfte van daardie jaar getuimel het.

“’n Groot deel van 2016 was ’n hersteltyd vir die bedryf, maar saam met die hoë mielieprys­e was dit ’n uiters moeilike jaar,” sê Gutsche.

“Hoewel boere verlede jaar weens hoë voerkoste gely het, voel ek die sekondêre bedryf het ’n billike prys vir melk betaal. Dit is die melk-tot-voerprysve­rhouding wat uit balans is. ’n Verlaging in mielieprys­e sal hopelik in die nabye toekoms verligting bring en hopelik nie tot verdere verlagings in verkooppry­se lei nie.

“As ’n maatskappy streef ons daarna om altyd ’n billike, mededingen­de prys vir melk te betaal. Ons gee om vir ons boere en omdat ek self ’n melkboer is, is ek altyd bewus van heersende druk wat boere ervaar,” sê Gutsche.

VOERKOSTE

’n Woodlands-boer beskryf die terugtrekk­ing van die verhoging as “’n tragedie” en sê boere is baie emosioneel daaroor. “Van die boere het reeds met banke reëlings getref op grond van die verwagte styging.”

Die omgewing ervaar een van sy ergste droogtes nóg, en boere moet baie voer koop. Hoewel voerpryse nou laer is as verlede jaar, betaal boere nog af aan skuld weens verlede jaar se hoë voerpryse, sê hy.

Hy en ander boere wil nou vir ’n beter prys na ’n ander koper skuif. “Vir ’n melkboer is so ’n skuif ’n helse groot besluit. Dit is byna soos dood in die familie. Maar die tyd is verby dat boere lojaal bly aan hul kopers.”

Dié boer se melkprys in Februarie was 18c minder as wat hy in Junie 2014 gekry het.

TOESTANDE

Dr. Chris van Dijk, uitvoerend­e hoof van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), sê as verwerkers nie nou pryse verhoog nie, sal dit slegte nuus wees vir melkboere wat veral die afgelope twee jaar onder aansienlik­e finansiële druk verkeer weens onder meer lae produsente­pryse, hoë produksiek­oste en die ergste droogte in dekades.

Produksiet­oestande is wel vanjaar in die algemeen beter danksy reën en voerpryse wat begin daal het. Swaar neerslae in groot dele van die land verhoog egter die siekte-risiko.

Boere het in Februarie gemiddeld R4,70/liter ontvang, terwyl die MPO bereken hulle behoort minstens R5,50/liter te kry om winsgewend te kan boer.

“Die melk-tot-voerprysve­rhouding is steeds sowat 1:1. Indien 1,5:1 as wenslik beskou word, behoort die produsente­prys nou sowat R6/liter te wees. As mielieprys­e tot onder R2 000/ton daal, sal ’n prys nader aan R5/liter nodig wees vir ’n verhouding van 1,5:1.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa