Landbouweekblad

MALUMABOME HAAL REKORDPRYS­E

- — JASPER RAATS

’N VOORNEMEND­E avokadoboe­r en ’n vennoot het R1 120 per boom vir ’n lot van 500 verkloonde Maluma avokadobom­e van mnr. Zander Ernst betaal. Die bome is op die jaarlikse Malumadag op Tzaneen opgeveil. Die kopers, mnre. Peter Moolman van Port Elizabeth en Guy Whitney van Tzaneen, het ál 500 bome wat deur Ernst te koop aangebied is, opgeraap.

Verkloonde avokadobom­e verkoop gewoonlik teen sowat R125 per boom, maar daar is ’n jare lange waglys vir bome in Suid-Afrika. Boere wag tot vyf jaar vir bome om nuwe boorde te vestig. Teen normale spasiëring sal die nuwe eienaars van dié Malumabome nou net meer as een hektaar kan vestig.

“Ek is nog nie ’n avokadokwe­ker nie, maar ek wil met avokado’s boer,” het Moolman ná die veiling gesê.

Die Maluma is ’n kultivar wat reeds binne 12 maande ná aanplantin­g in produksie kom. Die nuwe eienaars kan dus verwag om vanaf 2019 te kan oes. Later, wanneer die bome vol in produksie is, kan hulle verwag om meer as 50 kg vrugte per boom te oes. Dit is 20 ton avokado’s of 5 000 kartonhoue­rs van 4 kg per jaar, terwyl ander boere vir nog bome vir hul boerderye wag.

Dit is sover vasgestel kon word die eerste keer dat vrugtebome op só ’n groot skaal opgeveil is.

Dit was bome wat vir Ernst se eie boorde bestem was, maar hy het besluit om die bome te verkoop.

Alle geld wat hy meer as die standaardp­rys van R125 per boom verdien, gaan hy aan ’n gemeenskap­sorganisas­ie oorhandig wat later bekend gemaak sal word.

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Van links is mnre. Edrean en Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery, Andrew en Peter Moolman en Guy Whitney, wat ’n rekordprys vir Malumabome betaal het, en dr. André Ernst van Allesbeste.
FOTO:VERSKAF Van links is mnre. Edrean en Zander Ernst van die Allesbeste-boerdery, Andrew en Peter Moolman en Guy Whitney, wat ’n rekordprys vir Malumabome betaal het, en dr. André Ernst van Allesbeste.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa