Landbouweekblad

MEDITERREE­NSE OFFENSIEF SKEEL SA BEDRYF MIN

- — THEUNS BOTHA

AL het sommige Mediterree­nse lande hard probeer om Suid-Afrikaanse sitrus vanweë swartvlek uit hul markte te hou, was verlede jaar een van die bestes ooit vir plaaslike produsente.

Dít is ’n pluimpie vir die SuidAfrika­anse onderhande­laars, sê mnr. Pieter Nortjé, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing (SASKV).

Nortjé het op die tweede SASKV-beraad in Port Elizabeth ’n paar waarskuwin­gs gerig. Hy is bekommerd dat boere met grootskaal­se uitbreidin­gs besig is om hulself “in die moeilikhei­d in” te plant. Nagenoeg 6 miljoen nuwe bome is reeds vanjaar vir aanplantin­g bestem.

“Die afgelope vyf jaar was besonder goeie jare vir plaaslike produsente danksy goeie klimaat, die gesonde internasio­nale vraag en die verswakkin­g van die rand.

Die bedryf beweeg egter histories deur sewejaar-siklusse. Met die groot uitbreidin­gs in aanplantin­g sal nuwe afsetgebie­de gevind moet word wanneer die nuwe aanplantin­g wasdom bereik.”

Ander gevaarligt­e is die voorkoms van valskodlin­gmot en die beskikbaar­heid van besproeiin­gswater in gebiede waar nuwe bome aangeplant word.

MARKTOEGAN­G

“Nuwe marktoegan­g vir die groter produksie lê voor die deur van die Regering wat bilaterale ooreenkoms­te met veral China en Indië met minder streng protokolle moet beding.

“Die Regering kan ook baie daarby baat omdat dit sal meehelp dat meer werkgeleen­thede aan ongeskoold­e arbeid in landelike gebiede geskep kan word,” het hy gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa