Landbouweekblad

BEDRYF HAASTIG VIR SOJAHEFFIN­G

- – NICO VAN BURICK

SOJABOONBO­ERE wil hê ’n statutêre telingen tegnologie­heffing moet so gou moontlik in werking tree sodat hulle so gou moontlik toegang tot verbeterde tegnologie kan kry.

Die mikpunt was om dit reeds vandeesmaa­nd in werking te kon hê, maar die bedryf wag nog op finale goedkeurin­g deur die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d (NLBR). Verteenwoo­rdigers van die sojaboonwe­rkgroep by Graan SA se kongres het gevra daar moet geprobeer word om die stelsel dié seisoen nog in werking te stel, al is daar boere wat reeds begin stroop het.

Die doel van die sogenoemde eindpunthe­ffing is om saadmaatsk­appye vir hul intellektu­ele eiendom te vergoed, terwyl boere terselfder­tyd baat vind by opbrengsve­rhogings danksy beter saad en tegnologie.

Die aansoek om die verpligte heffing is einde verlede jaar by die NLBR ingedien en belanghebb­endes kon van 24 Januarie tot 10 Februarie kommentaar lewer. Mnr. Corné Louw, sekretaris van die werkgroep, sê die aansoek is deur almal buiten een verwerker en twee produsente­groepe ondersteun.

Die heffing word bereken op 1,2% van die gemiddelde sojaboonpr­ys. In die eerste jaar sal dit neerkom op R65/ton en in die tweede jaar R80/ton.

MARKAANDEE­L

Louw sê die verwagte inkomste uit die heffing sal R51,4 miljoen wees, waarvan R37 miljoen aan saadmaatsk­appye uitbetaal sal word op grond van hul markaandee­l. “Hoe beter ’n saadmaatsk­appy se kultivars presteer, hoe groter sal sy markaandee­l wees en hoe groter deel van die heffingsge­ld sal hy ontvang.”

Van die verbeterde tegnologie waarop boere hoop, is GM saad met verbeterde weerstand teen bolwurm en ook ’n tweede generasie RoundupRea­dy-tegnologie vir beter onkruidbes­tryding. Dit kan tot aansienlik­e opbrengsve­rhogings lei en ook honderde rande per hektaar aan bespuiting­skoste bespaar.

Beheerde proewe daarmee het reeds in Suid-Afrika begin en die tegnologie kan teen die 2019-’20-planttyd kommersiee­l beskikbaar wees.

’n Soortgelyk­e eindpunthe­ffing met die oog op verbeterde tegnologie het verlede Oktober vir die koringbedr­yf in werking getree.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa