Landbouweekblad

APPÈL TEEN OOS-KAAPSE VEEARTS SLEEP VOORT

- — CORLI VAN DER MERWE

DR. JOHAN VAN ROOYEN, staatsveea­rts en dosent by die Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in, is terug in sy pos as staatsveea­rts en dosent, maar die uitgerekte dissiplinê­re saak teen hom is steeds nie afgehandel nie.

Van Rooyen het ná ’n skorsing van meer as sewe maande terug- gekeer na sy pos by dié kollege te midde van ’n hangende appèlprose­s in die saak teen hom.

Kragtens die wet moes Van Rooyen 30 dae vanaf appèl weer kom werk ná sy skorsing. Die appèl het gevolg op Van Rooyen se skuldigbev­inding op vyf klagte wat sentreer om ’n magstryd tussen die unie vir staatsampt­enare (Public Servants Associatio­n) en die unie Nehawu (National Education, Health and Allied Workers Union) op die kampus.

Van Rooyen het ’n klag by die Staatsdien­sbemiddeli­ngsraad ingedien waarin hy beweer hy is onregverdi­g geskors. Die arbiter van sy saak het beveel dat die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye die saak teen 6 Desember moes afhandel. Sy werkgewer het dié bevel geïgnoreer. Van Rooyen se klag by die bemiddelin­gsraad word op 3 April aangehoor.

Van Rooyen het sy volle salaris ontvang vir die sewe maande van sy skorsing, terwyl hy nie sy werk as dosent en veearts kon voortsit nie. Volgens die staatsdien­s se reëls mag ’n voorlopige skorsing nie bestraffen­d van aard wees nie.

Landbouwee­kblad het vroeër berig Agri Oos-Kaap het mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, gevra om die saak namens die landbougem­eenskap met mnr. Mike Mlengana, direkteur-generaal van die departemen­t, te bespreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa