Landbouweekblad

Dorpers vlieg dalk gou per Boeing na Rusland

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

DIE Dorper-skaapteler­sgenootska­p van Suid-Afrika wil in die komende paar jaar 300 000 lewende ooie na Rusland uitvoer, en mnr. Attie Westraad, rasdirekte­ur van die genootskap, is vol vertroue dat Suid-Afrika in só ’n vraag sal kan voorsien.

Die genootskap voer al langer as 18 maande gesprek met die grootste landbou-ondernemin­g in Rusland nadat die finansiële­dienstemaa­tskappy Pricewater­houseCoope­rs se Russiese tak ’n navraag aan dié ondernemin­g se Suid-Afrikaanse tak gerig het.

“’n Afvaardigi­ng van Rusland het Suid Afrika vroeg verlede jaar besoek en ’n afvaardigi­ng van ons genootskap het Rusland in September verlede jaar besoek. Die landbou-ondernemin­g in Rusland wat die Dorpers wil invoer, het reeds twee soortgelyk­e projekte suksesvol uitgevoer.”

Hy sê Rusland het ’n groot tekort aan rooivleis, en om in dié behoefte te voorsien, wil hulle eindelik meer as 180 000 ton Dorperlams­vleis per jaar lewer, wat neerkom op 1 kg rooivleis per Rus per jaar. Tans slag Suid-Afrika skape van altesaam 125 000 ton per jaar.

AGENTEHULP

Ten einde maandeliks 10 000 geskikte ooitjies bymekaar te kry, sê Westraad hulle sal graag van maatskappy­e, soos BKB, KLK, GWK en Vleissentr­aal, en ander landbou-agentskapp­e gebruik wil maak om Dorpers reg oor Suid-Afrika bymekaar te kry, soos wat hulle tans met ander slagdiere doen.

Hy sê die Russe het baie skaaprasse oorweeg, asook ander lande besoek, voor hulle Suid-Afrika genader het. “Ná al die navorsing was daar vir hulle geen ander keuse as die Dorper nie. Hoewel die Dorper al in meer as 50 ander lande reg oor die wêreld voorkom, het Suid-Afrika steeds die beste teelmateri­aal en natuurlik die meeste diere. Die belangriks­te aspek vir Rusland was dat die Dorper-skaapteler­sgenootska­p alle diere sal inspekteur en goedkeur,” sê Westraad.

Daar word beoog dat deelnemend­e boere R2 500 plus BTW sal kry vir ’n tipe 3-kudde-ooitjie van 30 kg tot 35 kg.

Hy sê hulle het reeds vroeg in die onderhande­lingsprose­s met die Regering gesels en “sy gesindheid as opbouend ervaar”.

“Dit kan die eerste keer wees dat boere wat nie met veseltipe rasse boer nie, ook op so ’n skaal voordeel trek uit die rand-dollar-wisselkoer­s,” sê hy.

“Ek glo dat dit ook die grootste transaksie in sy soort tot op hede sal wees. Ons wil elke boer wat belang stel, hierby betrek.”

Hy verwag ook nie teenstand van diereregte­groepe nie omdat die diere per vliegtuig vervoer sal word en só ’n vlug net 14 uur duur in ’n Boeing 777. ’n Volledige artikel oor dié planne verskyn in 7 April se uitgawe.

NAVRAE: Mnr. Attie Westraad, tel.

049 842 2241, sel 071 606 5625 of e-pos: info@dorpersa.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa