Landbouweekblad

Paaie-hofsaak gee boere hoop

- JASPER RAATS

LIMPOPO-BOERE wat al duisende rande aan die herstel van vervalle plaas- en provinsial­e paaie bestee het, hoop dat ’n hofuitspra­ak wat beslis het dat boere in die Oos-Kaap vergoed kan word vir die herstel van paaie, vir hulle uitkoms kan bied.

“Die feit dat daar só ’n uitspraak ten gunste van die landbou was, is goeie nuus, maar ek wil boere tog waarsku dat hulle nie nou links en regs moet begin paaie regmaak en wonder vir wie hulle die faktuur gaan gee nie,” sê mnr. Drickus Botha, die TLU SA Noord se streekbest­uurder.

Hy meen die uitspraak van die Grahamstad­se Hooggeregs­hof,

met duidelike voorwaarde­s oor wanneer sulke vergoeding kan plaasvind, sal ook in Limpopo van toepassing wees.

Hulle moet egter eers die uitspraak deeglik bestudeer.

Botha sê vervoerkon­trakteurs wat voer na boere toe aangery het tydens verlede jaar se droogte, het selfs hul vervoerpry­se gelaai om te vergoed vir skade wat hul voertuie weens die swak paaie gely het.

TEETYD

Paaie wat in ’n besonder slegte toestand is, is die R572 tussen Tom Burke en Swartwater, die R521 tussen die Valencia-myn en Pontdrif, die R561 tussen Marken en Baltimore en die R33 tussen Groblersda­l en Stoffberg.

Swartwater se gemeenskap het al byna R300 000 aan herstelwer­k aan die R572 be-

stee. “Ons het die provinsial­e departemen­t van paaie nou al gevra of hulle darem net diesel of teer sal help koop, maar niks,” sê mnr. Tank Hendriks van die Swartwater-boereveren­iging.

Hy sê die ergste van alles is dat daar ’n hele kamp met padwerkers en stootskrap­ers van die provinsial­e regering op Tolwe, sowat 50 km van Swartwater, is.

“Hulle was nog nie vanjaar hier nie, maar as hulle kom, kom hulle so ná nege-uur en dan drink hulle eers tee. Ná tee maak hulle so drie of vier slaggate reg, en dan is dit middagete. Die werkers moet dan vinnig klaar eet sodat hulle kan ry om betyds terug by die huis te wees.”

Hendriks sê Swartwater se gemeenskap is moedeloos en gaan beslis kyk of die Oos-Kaapse hofuitspra­ak ook op hulle van toepassing is. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa