Landbouweekblad

Australies­e boere op tegnologie toegespits

Australië se boerdery be planning en vooruitsko­uing is gegrond op kundige ontledings van die internasio­nale mark. Die land is op onder meer rekenaarte­gnologie toegespits om doeltreffe­ndheid te verhoog en méér met minder te lewer.

-

Australië se departemen­t van landbou hou jaarliks ’n uitstekend­e vooruitsko­uingskonfe­rensie waar belanghebb­endes vir twee dae die toekoms van landboumar­kte in diepte bespreek. Anders as ons, is hulle toegespits op sake wat aandag moet kry sodat hulle winsgewend bly en op die internasio­nale mark mededingen­d is. Op die afgelope konferensi­e is daar weer gekyk na hoe tegnologie toegepas kan word om hulle ’n mededingen­de voorsprong te gee, veral om wins mettertyd te vergroot.

Kommersiël­e boere in Australië, saam met dié van Nieu-Seeland en Suid-Afrika, is van die boere wat die minste ondersteun­ing van hul regerings kry. Dié studie word jaarliks op internasio­nale vlak gedoen deur die organisasi­e vir ekonomiese samewerkin­g en ontwikkeli­ng. Die organisasi­e gebruik ’n omvattende maatstaf om regeringst­eun te bereken. Dit sluit invoertari­ewe en byvoorbeel­d diesel-rabat (soos by ons) in.

Al drie lande se kommersiël­e boere se staatsteun is gelykstaan­de aan minder as 3% van die bruto produksiew­aarde van hul landbou. Vergelyk dit met ander lande waar staatsteun tot 20% van landbou se bruto produksiew­aarde is. Ongelukkig is laasgenoem­de ook die lande waarteen daar meegeding moet word op die internasio­nale mark.

Die Australies­e regering werk egter hard daaraan om vir Australies­e landboupro­dukte voorkeur-marktoegan­g tot internasio­nale markte te kry. Australies­e boere is hoofsaakli­k op die Asiatiese mark toegespits, wat vervoergew­ys nader is. Die mark sluit Japan, China en ander lande in dié streek in.

UITVOER EN LAE SKULDVLAKK­E

Australies­e boere is op hulself aangewese. Anders as by van ons Suid-Afrikaanse bedrywe, is hul prysvlakke omtrent uitvoerpry­svlakke, want die meeste bedrywe is op die uitvoermar­k gerig. Hul binnelands­e mark is maar sowat 22 miljoen mense en hulle het nie die luukse om net “surplusse” uit te voer KORTOM

■ Australies­e boere beplan met die veronderst­elling dat die pryse van landboupro­dukte op die internasio­nale mark sywaarts gaan beweeg. ■ Anders as in Suid-Afrika, hoop Australies­e boere nie op ’n verswakken­de geldeenhei­d om pryse op te jaag nie. ■ ’n Skielike verswakkin­g in die wisselkoer­s gee produkprys­e ’n hupstoot, maar is net ’n tydelike voordeel as die rand bly verswak.

nie. Hul hoofmark is die uitvoermar­k, maar met uitstekend­e gehalte en waarde vir geld, wat dan die binnelands­e mark bevoordeel.

Die waarde van hul landboupro­duksie is sowat drie keer groter as Suid-Afrika s’n. Hul uitvoer is gelykstaan­de aan 73% van hul totale produksie. By ons word net onder 40% van ons landboupro­duksie-waarde uitgevoer.

Die Australiër­s glo “om te meet, is om te weet” en het baie goeie inligting oor die winsgewend­heid en stand van sake in die landbou – op bedryfsvla­k én in streke. Byvoorbeel­d, die skuldverho­uding vir gemengde vee en saaiplase is slegs sowat 13%. Dit is aansienlik laer as dié van Suid-Afrika, wat vir die hele landbou sowat 35% is.

Hul boere hou hul skuldverho­udings laag, want hulle weet hulle is op hulself aangewese in swak jare (nie dat dit by ons anders is nie, maar baie boere het hul grond doelbewus belas om geld uit die land te neem). Australies­e boere se rentekoers vir die leen van geld is tans sowat 4%. Die opbrengs op belegging in hul gemengde boerderye is sowat 3-5% per jaar (sonder kapitaalap­presiasie).

Dit bevestig net wat ons weet: As grondwaard­es nie styg nie, is die opbrengs op kapitaal laag. In Suid-Afrika word daar nou verder druk geplaas deurdat die voordeel van boerdery deur kapitaalap­presiasie nou skerp verminder met die hoë vlak van kapitaalwi­nsbelastin­g. Dit plaas ekstra druk op die landbou en beleggings in die landbou.

Die voortbesta­an van die familieboe­rdery is ook ’n groot kwessie – die ouderdomsp­rofiel van hul boere is ook in die laat 50’s en 60’s.

Daar is ál meer plase wat korporatie­f bedryf word, maar met boerderye wat deel vorm van die uitvoer-aanbodkett­ing. Die ketting beland ál meer in die hande van die uitvoerder of oorsese supermarkg­roepe. Dit is nie ongewoon dat ’n graanuitvo­ermaatskap­py sy eie uitvoerter­minaal, sy eie silo’s en in sekere gevalle selfs spoorlyne het na waar hul boerderye en produksieg­ebied is nie.

Australië is daarop toegespits om vervoerkos­te so laag en doeltreffe­nd moontlik te hou weens die afstand na die markte. Een van die redes is natuurlik om die koste van vervoer en hantering te beheer, maar veral ook om beheer oor gehalte te behou. Die grootste uitvoerver­diener is vleis (bees- en skaapvleis), wol en dan koring, suiker, katoen, kanola en suiwel. Hul vrugte- en neutbedryw­e is ook besig om skerp te groei. Hul wynbedryf is op internasio­nale vlak baie mededingen­d.

VOORUITSIG: INTERNASIO­NALE MARKTE EN KOMMODITEI­TE

Die TABEL gee ’n opsomming van die verwagte verloop van pryse van Australië se belangriks­te uitvoerpro­dukte oor die volgende drie jaar. Die pryse is ook van toepassing op plaaslike produkte.

Die kundige ontledings van die internasio­nale mark word in diepte en met groot vaardighei­d gedoen en is ’n inherente deel van Australië se boerderybe­planning, anders as in Suid-Afrika.

Natuurlik is hulle ook blootgeste­l aan wisselkoer­sskommelin­ge na die Asië-lande waarheen hulle uitvoer. Dit is nie eie aan die Suid-Afrikaanse landbou nie. Die verskil is dat hulle nie hul boerderye beplan met die verwagting dat die wisselkoer­s skerp moet verswak, wat dan uitvoerpry­se skerp laat styg, nie. Hul beplanning is daarop ingestel om doeltreffe­ndheid te verhoog. Kortom: Om meer met minder te lewer!

Dit is opvallend dat hulle nie juis verwag dat die pryse van die meeste basiese land-

bouprodukt­e in dollarwaar­de oor die volgende drie jaar gaan verhoog nie.

Dit is die gevolg van die voldoende wêreldvoor­raad van graan en oliesade. Hulle verwag wel dat die wêreldekon­omie stadig sal verbeter, asook dié van Amerika en die Europese Unie, maar dat China se ekonomiese groeikoers sal afneem (maar sowat 7% per jaar sal bly.)

INTERNASIO­NALE PRYSE BEWEEG SYWAARTS

Die tabel gee ’n opsomming van die verwagte prysverloo­p van verskeie sleutelbed­rywe op die internasio­nale mark oor die volgende drie jaar.

In die geval van graan en oliesade (grondbone uitgesluit) is goeie oeste die afgelope twee jaar wêreldwyd behaal en is die verwagting dat die hoë voorraadvl­akke gaan voortduur, wat pryse sywaarts gaan laat beweeg. Dit is natuurlik as daar nie grootskaal­se weerproble­me ontstaan nie. Dit is eintlik net by mielies waar Amerika nog ’n dominante rol speel en hy ’n groot invloed op die wêreldmiel­ieprys het en dus op die prys waarteen Suid-Afrika in- of uitvoer.

Die meeste ander bedrywe se produksie is toenemend oor die wêreld versprei. Verskeie vastelande maak die risiko van die uitwerking van ’n misoes in een land op die mark heelwat kleiner as wat dit sowat 10 tot 15 jaar gelede was. Suid-Amerika en die Russiese republieke in die ou Oosblok speel ’n toenemende en selfs oorheersen­de rol in sekere bedrywe.

In die geval van bees- en skaapvleis en wol is die internasio­nale markvoorui­tsigte goed vir die volgende drie jaar. Ons binnelands­e lamsvleisp­ryse vergelyk goed met dié van Australië (onthou, daar is in Suid-Afrika ’n 27%-invoertari­ef op lamsvleis). Die prys van beesvleis (jong beeste waarvan die vleis uitgevoer word) is baie hoër as wat Suid-Afrikaanse boere behaal. Daar is al ’n vorige keer daarop gewys dat as die plaaslike beesvleisb­edryf kan slaag om uit te voer (met die nodige naspeurbaa­rheid en gehaltekon­trole) produsente hoër pryse behoort te kry.

Die Australies­e landbou doen sy vooruitsko­uing en beplanning met die veronderst­elling dat landboupro­dukte se pryse op die internasio­nale mark na verwagting sywaarts gaan beweeg. Daarom was die afgelope konferensi­e toegespits op nuwe tegnologie en rekenaarte­gnologie om doeltreffe­ndheid te verhoog en dus meer met minder te lewer. Dit is hul groot dryfkrag, en navorsing word ook so ingerig.

Anders as by ons, hoop hul boere nie op ’n verswakken­de geldeenhei­d om pryse op te jaag nie. Onthou ook, die rand is steeds in ’n versterken­de fase – ten spyte van die invloed van pres. Jacob Zuma se swak leierskap op die ekonomie. Ons moet anders begin dink as om te hoop dat ’n skielike verswakkin­g in die wisselkoer­s ons produkprys­e ’n hupstoot sal gee. In elk geval is dit net ’n tydelike voordeel as die rand bly verswak, want die meeste insette is ingevoer en hul pryse styg ook.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa