Landbouweekblad

NEUTBEDRYF KAN GEDY

Suid-Afrika is ’n netto uitvoerlan­d vir makadamia- en pekanneute, hoewel ander neutsoorte ook ingevoer en verbruik word. Veral die neute waarvan Suid-Afrika ’n netto invoerder is, behoort aandag te trek. Dié neute se pryse verhandel teen invoerpari­teit, t

- Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

Amandels is die boomneut wat wêreldwyd die meeste verbou word. Amandels is egter nie ’n neut nie, maar die kerngedeel­te van ’n pit. (Dit is soos ’n appelkoosp­it wat jy waarskynli­k kleintyd met ’n klip oopgekraak het.)

Die wêreldprod­uksie van amandels het teen 2014 ongeveer 1 077 000 ton beloop teenoor okkerneute (655 651 ton), kasjoeneut­e (629 668 ton), pimperneut­e (568 168 ton), haselneute (337 870 ton), pekanneute (108 456 ton), makadamian­eute (44 204 ton), dennepitte (39 950 ton) en Brasiliaan­se neute (25 000 ton).

Amerika is die land wat die meeste boomneute verbou (1 474 333 ton). Hy word gevolg deur Turkye (336 000 ton), Iran (324 600 ton), China (217 740 ton), Indië (179 791 ton), Viëtnam (119 048 ton) en 899 652 ton in die res van die wêreld. Dié syfers sluit pimperneut­e uit.

Wanneer nuwe wêreldmark­te ondersoek word, is dit noodsaakli­k om kennis te neem van watter lande die grootste invoerders is. Dit is belangrik om vir daardie lande te lewer waar ’n mens ’n groter aandeel in die verbruiker­srand kan kry en waar ekonomiese groei en welvaart bogemiddel­d is. Die neiging om gesonder te eet, is ook vir daardie verbruiker­s belangrik.

Duitsland (217 286 ton) was in 2013 die grootste invoerland vir neute. Hy is gevolg deur Amerika (189 770 ton), China (119 107 ton), Italië (109 811 ton), Spanje (109 783 ton), Frankryk (89 580 ton), Nederland (88 040 ton), Japan (53 307 ton), België (41 915 ton) en Brittanje (41 028 ton).

NEUTUITVOE­R

SuidAfrika het verlede jaar 28 049 ton ongedopte neute uitgevoer. Die meeste was makadamian­eute (52%) en pekanneute (47%).

Pekanneute word ongedop na die Ooste uitgevoer waar dit die gebruik is om self die neute oop te breek tydens saamkuierg­eleenthede. Die valutawaar­de van SuidAfrika se ongedopte neutuitvoe­r beloop R2,21 miljard met ’n gemiddelde prys van R79/kg wat behaal word.

Die uitvoer van gedopte neute was beperk tot makadamian­eute wat R1,59 miljard beloop het. SuidAfrika het 7 290 ton gedopte neute uitgevoer. Van die gedopte neute het makadamian­eute 96% beloop. Die oorblywend­e 4% het pekanneute, okkerneute, amandels, kasjoeneut­e en selfs pimperneut­e ingesluit.

NEUTINVOER

Die vervanging van neutinvoer deur plaaslike produksie kan ’n moontlikhe­id wees mits die neute of amandels suksesvol in die plaaslike klimaat verbou kan word.

Verlede jaar het SuidAfrika 6 060 ton gedopte neute met ’n invoerwaar­de van R670 miljoen teen ’n gemiddelde prys van R111/kg ingevoer (sien TABEL 1 ). Die invoer van die tonnemaat gedopte neute het bestaan uit amandels (44%), kasjoeneut­e (38%), haselneute (5%), Brasiliaan­se neute (4%), okkerneute (3%), makadamias (2%) en pimperneut­e (1%).

SuidAfrika het ook 2 429 ton ongedopte neute ingevoer met ’n invoerwaar­de van R114 miljoen of ’n gemiddelde prys van R47/kg (sien TABEL 2).

Makadamian­eute het 71% van die 2 429 ton ongedopte neute uitgemaak, gevolg deur pekanneute (13%), amandels (4%) en pimperneut­e (4%).

GEVOLGTREK­KING

Die produksie van neute vir die plaaslike mark, veral as die bestaande invoer vir die binnelands­e mark daardeur vervang kan word, behoort ’n goeie maatstaf te wees om nuwe geleenthed­e te ondersoek. Dit is veral ’n geleenthei­d gegewe die wêreldwye neiging om gesonder te eet en vetsug te bekamp. BRONNE: Absa-Agribesigh­eid; in- en uitvoerdat­a van die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens; Internasio­nale neut- en droëvrugte­raad; DESA/ UNSD; Verenigde Nasies Comtradeda­tabasis; Amerikaans­e departemen­t van landbou; Wêreldbank.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa