Landbouweekblad

TELING VAN DIE SERETSE

-

Wildebeest­e, wat ook bekend staan as die arm man se buffel, bly gesog vanweë hul voorkoms. Volgens mites is hulle saamgestel uit die oorskotdel­e van ander diere. Hul voorkwarte lyk soos dié van ’n bees, hul agterkwart­e soos dié van ’n wildsbok en hul maan- en sterthare soos dié van ’n perd. Die dele van ‘n wildebees lyk asof dit nie lekker in verhouding is nie, tog is die diere al oor geslagte heen baie gewild.

Wanneer ’n seretse wildebees met een van sy eie soort teel, sal al die kalwers suiwer seretse-wildebeest­e wees. Wanneer ’n gewone blouwildeb­eeskoei deur ’n seretse wildebeesb­ul gedek word, sal “split”-kalwers gebore word. As die “split”-diere deur ’n seretse bul gedek word, sal die kalwers van die kruising terugslaan na die suiwer seretse-bloedlyn. (Hou die 50-50-reël wat in genetika van toepassing is, in gedagte.)

In proewe is ’n seretse wildebeesb­ul saam met vroulike goue en koningswil­debeeste laat loop. Die vroulike kalwers van albei kleurvaria­nte was gewone blouwildeb­eeskalwers. Die proef het bewys dat die seretse wildebees nie kruis met kleurvaria­nte nie.

Genetiese rekordhoud­ing is nuut ten opsigte van die diere. Binnekort sal daar meer DNS-toetse en resultate beskikbaar wees. Die Seretse wildebeesk­lub moedig die akkurate vaslegging van inligting van teeldiere aan en stel hom ten doel om hierdie inligting vrylik beskikbaar te stel om sodoende die getalle van seretse wildebeest­e aan te vul .

Min van die diere was al op veilings beskikbaar vanweë die lae getalle. Wildboere is daarom nog nie almal ingelig oor die genetiese eienskappe en herkoms van die seretse nie. Kopers op Piet du Toit-wildbedryf se veiling is opgewonde oor die beleggings­waarde en toekoms wat die seretse wildebees inhou. Die besonderse voorkoms van die bok sal definitief die aandag trek van natuurbewa­arders, wildtelers en trofeejagt­ers, wat beteken die seretse wildebees sal sy plek kan vol staan in ’n mededingen­de bedryf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa