Landbouweekblad

LUGBALLON GEE INTERNET, MAAR WAAR?

- – MARLEEN SMITH

Die internetre­us Google het aangekondi­g dat hy gereed is om binne die volgende maande breëband-internet vanaf slimballon­ne hoog in die atmosfeer na verbruiker­s op moederaard­e te begin sein.

Dit kom ná drie jaar se toetse en baie skeptisism­e oor of Alphabet, Google se moedermaat­skappy, daarin gaan slaag om die ambisieuse Project Loon as ’n kommersiël­e besigheid te vestig.

Die aanvanklik­e doelwit was om breëband vir die hele planeet, selfs die mees afgeleë en armste hoekies te bring.

Intussen is tientalle Loon-ballonne op toetsvlugt­e die lug ingestuur. Die ontwerp is verbeter om hulle sterker en “slimmer” te maak.

VROEËR AS VERWAG

Luidens die jongste aankondigi­ng is hulle nou vroeër as verwag gereed om met telekom-maatskappy­e vennootska­ppe te sluit om internet aan betalende verbruiker­s te verskaf.

Dié versnellin­g word toegeskryf aan nuwe “slim”-sagteware, berig die nuusdiens AFP. Dit stel die internetba­llonne in staat om met die hulp van winde hoog in die atmosfeer na ideale plekke te vlieg, en om dan in patrone te beweeg wat ’n betroubare web van internetde­kking in die lug skep.

“Ons het daaraan gewerk om die ballonne slimmer te maak, amper soos ’n stel skaakstukk­e met die winde,” het mnr. Astro Teller, hoof van Google se Eenheid X, wat in beheer van die projek is, aan verslaggew­ers gesê. Hy is ook ’n wêreldbeke­nde kundige op die gebied van kunsmatige intelligen­sie.

WAAR, IS NOG DIE GROOT VRAAG

Hy wou nie sê waar hulle beoog om eerste met telekommun­ikasie-netwerke te skakel nie, maar het wel aangedui dat die diens nie van meet af aan oor die hele wêreld beskikbaar gaan wees nie.

Google het in Junie 2013 aangekondi­g dat hy ballonne bou wat wêreldwye internetde­kking na selfs die armste en mees afgeleë plekke op aarde sal bring.

Die plan het behels dat honderde sonaangedr­ewe lugballonn­e gekoördine­erd in die hemelruim sou dryf en ’n onafgebrok­e internetve­rbinding na die aardopperv­lak sein. Google het veral die wenkbroue laat lig met die aanspraak dat hy ballonne kan bou wat duursaam genoeg is om meer as 100 dae in die lug te bly, amper dubbel so lank soos die ruimte-agentskap Nasa s’n.

Einde verlede jaar het Google aangekondi­g dat een van sy ballonne, die Bolt, ’n nuwe projekreko­rd vir langlewend­heid aangeteken het, deur 190 dae in die lug te bly. Die Bolt het in dié tyd meer as 122 000 km deur die lug geseil en ’n topspoed van 162 km/h bereik.

Daarvoor het sy sonpanele 1,72 gigajoule energie opgewek, genoeg om ’n weerligstr­aal op te wek.

Sy langafstan­dvlug het in Puerto Rico begin, van waar hy oor 19 verskillen­de lande en drie vastelande is, soms tot 20 353 m in die lug. “Dis dieselfde uitsig wat jy sal hê as jy van die bokant van 65 Eiffeltori­ngs wat op mekaar gepak is, sou kyk,” plaas die maatskappy hierdie getal in perspektie­f.

Om tussen die verskillen­de atmosferie­se winde deur op koers te bly, het die Bolt meer as 30 000 slim maneuvers gemaak.

Benewens die erge winde, het hy ook ekstreme temperatur­e oorleef: Party nagte tot -83 °C, so ysig soos ’n Antarkties­e winternag.

 ?? FOTO: GOOGLE ?? Die Bolt, ’n ballon wat breëband-internet aarde toe sein, vertrek op sy onlangse rekordlang­e missie vanaf Puerto Rico oor 19 lande en drie vastelande.
FOTO: GOOGLE Die Bolt, ’n ballon wat breëband-internet aarde toe sein, vertrek op sy onlangse rekordlang­e missie vanaf Puerto Rico oor 19 lande en drie vastelande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa