Landbouweekblad

NOG ’N ULTRAPRESI­ESE GIFSPUIT IN WORDING

-

’n Europese agentskap ontwerp nou ’n presisiesp­uitstelsel wat hopelik die verbruik van onkruiddod­ers drasties sal verminder.

Dit behels kameras wat op onkruidspu­ite geïnstalle­er sal word om ’n saailand vir onkruid te skandeer, en op die daad te bepaal presies waar gespuit moet word en waar nie.

EIT Digital sê hy is gereed om met bekendstel­lingsproje­kte te begin.

Die doelwit is om met gevorderde slimtegnol­ogie – onder meer 5G, Groot Data en die Internet van Dinge – boere in staat te stel om hul verbruik van onkruiddod­ers met tot 80% te verminder.

Die Internet van Dinge, ’n nuwe gonswoord, verwys na die tegnologie waarmee voorwerpe toenemend in netwerkstr­ukture met mekaar verbind word en as niemenslik­e internetde­elnemers begin optree.

5G is die vinnigste mobiele netwerkteg­nologie tot dusver en Groot Data verwys na die toenemende neiging om massiewe hoeveelhed­e data in digitale wolke te bêre.

Die EIT-span se plan is soortgelyk aan ’n projek van ’n span kundiges van die Universite­it van Reading in Berkshire, Brittanje, wat met húl beoogde presisiesp­uit mik om geen onkruiddod­er op die gewas of op die grond toe te dien nie, net op die onkruid. Hulle hoop om só ’n stelsel teen volgende jaar gereed te hê vir voorlopige veldtoetse. – MARLEEN SMITH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa