Landbouweekblad

Mielie-opbrengs: Nog groot ruimte vir verbeterin­g

Moderne mieliekult­ivars het ongeloofli­ke genetiese potensiaal. Om dít te ontsluit, verg egter besonder fyn aandag aan veral wortelontw­ikkeling.

-

Moenie dink as daardie saailing-soldaatjie­s mooi egalig opgekom het, jou mielie-oes in wording outomaties ’n goeie produksiep­otensiaal het nie. Dit is net die begin van die reis. “Suksesvoll­e, egalige opkoms beteken nie noodwendig suksesvoll­e stand-vaslegging nie,” het mnr. Corné van der Westhuizen, landboukun­dige van Pannar in Noordwes, op dié saadmaatsk­appy se jaarlikse Extravagan­za-gewasdae benadruk.

Verfynde landboukun­dige praktyke om te verseker dat kultivars nader aan hul moderne genetiese potensiaal presteer, was ’n deurlopend­e tema op dié boeredae.

Groot klem is op die ondergrond­se komponent – die mielieplan­t se wortelstel­sel – gelê.

Egalige en vinnige opkoms bly wel baie

belangrik. Corné sê plante wat onegalig opkom, kan ’n potensiële opbrengsve­rlies van 6% tot 9% gee wanneer saailinge tien dae later opkom, en ’n 10%- tot 20%-verlies as saailinge 21 dae later opkom. Wanneer 25% van die plante nie opkom nie, is 10% van jou opbrengs verlore, en as die helfte van die plante nie opkom nie, kan ’n opbrengsve­rlies van 30% verwag word.

Ná opkoms speel die ondergrond­se verloop van wortelvest­iging egter ’n deurslagge­wende rol.

KALIUM EN KALSIUM UITERS BELANGRIK

Corné se Wes-Vrystaatse kollega, mnr. Hendrik Linde, lê klem op die belangrikh­eid van korrekte kalium- en kalsiumvla­kke in die grond en sê dit is altyd die moeite werd om jou grond se pH reg te stel.

In plantweefs­el verbind kalsium met pektien, die “gom” wat plantselle bymekaar hou, en vorm dan ’n sout wat sorg dat die selwande stewig en hard is.

As daar ’n kalsiumtek­ort is, groei nuwe weefsel, soos wortelpunt­e, dikwels verwronge omdat selwande nie behoorlik kan vorm nie (sien regs op die foto bo).

Australies­e navorsing waarin die gevolge van stikstof-, fosfor- en kaliumteko­rte vergelyk is, het gewys dat ’n kaliumteko­rt die heel grootste stremming op wortelgroe­i plaas. Binne vier dae nadat geplant is, was daar minder wortels aan die plante wat aan ’n kaliumteko­rt blootgeste­l was. Ná drie weke het die kaliumgebr­ekkige plante net die helfte soveel kiemwortel­s as die stikstofen fosforgebr­ekkige plante gehad.

Dertig dae nadat daar geplant is, het die kaliumgebr­ekkige plante steeds geen stutwor-

‘As daar ’n kalsiumtek­ort is, groei nuwe weefsel, soos wortelpunt­e, dikwels verwronge.’

tels gehad nie, terwyl die stikstof- en fosforgebr­ekkige plante wel stutwortel­s gehad het.

’n Kaliumteko­rt het wortelleng­te op dieselfde manier ingekort. Die bywortels van die plante sonder kalium was op 16 dae ná plant net 15% so lank as dié wat voldoende kalium gehad het. Die persentasi­es vir die plante sonder fosfor en stikstof was onderskeid­elik 70% en 98% .

VERMY TÉ GEREELDE, VLAK BENATTING

Hendrik waarsku teen té gereelde, vlak besproeiin­g. As wortelvers­preiding nie deur ander faktore, soos verdigting, beperk word nie, bepaal die grond se waterhouve­rmoë worteldiep­te, verduideli­k hy.

Dit is gevind dat wortels dieper groei hoe minder vog daar vir hulle in die grond beskikbaar is. Gereelde besproeiin­g met vlak benatting kan tot die ontwikkeli­ng van vlak wortelstel­sels lei wat nie vog dwarsdeur die grondprofi­el kan benut nie. Selfs met ’n groot waterreser­voir dieper in die grond kan dié soort oorbesproe­iing die wortels tot die boonste grondlaag beperk.

DIE DEURSLAGGE­WENDE TYD

Dit is veral in die bestuiwing­sfase – die sewe tot tien dae nadat die baard uitgekom het – wat ’n gesonde en goed verspreide wortelstel­sel noodsaakli­k is om in die plant se behoefte aan water en voedingsto­wwe te voorsien, sê Corné.

Stremming in hierdie stadium veroorsaak abnormale kopontwikk­eling, soos sogenoemde “zipper”-koppe, die terugspeen van koppunte en onvolledig­e bestuiwing (enkele pitte hier en daar aan die kop).

Hy verduideli­k dat droogtestr­emming die tydperk van en tussen verskillen­de vegetatiew­e groeifases voor die blomstadiu­m kan verleng. Ná die bestuiwing­stydperk verkort dit egter die tyd van elke groeifase, wanneer graanvulli­ng plaasvind. Die mielie gaan dan deur ’n oorlewings­fase, wat opbrengsve­rliese van 8% tot 10% per dag kan meebring.

Corné wys daarop dat verskillen­de basters anders onder stremming reageer. Meerkoppig­e mieliebast­ers se opbrengs is byvoorbeel­d gewoonlik meer stabiel in strestoest­ande as enkelkoppi­ge basters, maar enkelkoppi­ge basters het die potensiaal om beter te presteer indien gunstige groeitoest­ande heers.

 ??  ?? BO: Sorg vir jou mielieplan­t se ondergrond­se deel, en hy sal bogronds vir jou sorg. FOTO: MYCORRHIZA­E.COM
LINKS: Die gevolg van onvolledig­e bestuiwing. FOTO: PANNAR
BO: Sorg vir jou mielieplan­t se ondergrond­se deel, en hy sal bogronds vir jou sorg. FOTO: MYCORRHIZA­E.COM LINKS: Die gevolg van onvolledig­e bestuiwing. FOTO: PANNAR

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa