Landbouweekblad

Nuwe voervloeip­rogram gee veeboerder­y hupstoot

’n Veranderin­g in die voervloeip­rogram het nuwe lewe in mnr. BP Greyling van Wakkerstro­om se groot veeboerder­y geblaas. Dié voormalige Boer van die Jaar, wat op groot skaal met wol- en vleisskape en vleisbeest­e boer en graan en voergewass­e verbou, het met

-

Hierdie omvangryke boerdery se plase strek oor ’n verskeiden­heid landskappe by Wakkerstro­om in Mpumalanga, elk met sy eie voor- en nadele. Deur sy intieme kennis van sy veld met vindingryk­e planne en veranderin­gs in die voervloeip­rogram te kombineer, is mnr. BP Greyling nou beter in staat om aanslae van die natuur af te weer.

Die hoofplaas Langfontei­n en verskeie aangrensen­de plase bestaan uit hoogliggen­de bergveld met hange en klowe, gelyk hoëveld en middelveld. Die tamboekieg­ras in die klowe en middelveld bly langer groen omdat die ryp en koue eers later opdaag danksy die beskutting en laer ligging. Dus is die voedingswa­arde en drakrag in die winter daar effens hoër, hoewel daardie veld baie suurder is as die rooigras op die hoëveld verder wes.

Daar boer BP, wat in 2011 deur Landbouskr­ywers SA as Nasionale Boer van die Jaar bekroon is, en sy seun, Ghini (23), met wol- en vleisskape, vleisbeest­e en graan. Hulle kweek ook raaigras- en sojaboonsa­ad.

KUILVOER EN RAAIGRAS

Hulle besproei tans met spilpunte 100 ha raaigras, waarop 25 ooie met hul lammers per hektaar in die winter aangehou word. Die ooie word in Oktober van die raaigras gehaal sodat dit kan saad maak, wat deur die boerdery verkoop word.

Die veld hou nie heeljaar nie (veral nie in droë tye nie). Die oesreste is ook nie genoeg nie. Gevolglik maak hulle baie op mieliekuil­voer staat.

BP en Ghini plant kuilvoermi­elies op bykans 200 ha droëland en het die vorige somer 10 000 ton mieliekuil­voer gemaak. Daarmee het hulle in die winter meer as 3 000 verse vier maande lank gevoer. Die opbrengs is sowat 52 ton kuilvoer per hektaar.

Die boerdery verbou self ál die graan vir die lekke en voermengse­ls en verkoop die res van die graan.

“Die kuilvoer is goud werd en kos betreklik min. Die koste is R13 000 per hektaar, snykoste ingesluit, wat beteken dit kos ons net R250 per ton kuilvoer,” verduideli­k BP. “Die mielies word gesny wanneer dit in die hardedeegs­tadium is en die land potensieel 9 ton graan per hektaar kan lewer. Dit is hoekom die kuilvoer so voedsaam vir die beeste is.”

Die verse groei vinnig op kuilvoer en word reeds op die ouderdom van twintig maande gedek. Indien elke vers drie ton kuilvoer deur die winter vreet, beteken dit 17 verse word per hektaar gedra, wat indirek bydra tot 14 kalwers/ha as die speenperse­ntasie 82% is. Sonder kuilvoer sou hierdie waardetoev­oeging van speenkalwe­rs met ’n waarde van R62 000/ha weens beperkte spasie en lae drakrag nie moontlik gewees het nie.

BP waarsku egter: “Onthou, kuilvoer alleen is nie voldoende om ’n dier af te rond nie, maar in die geval van verse is daar saam met ’n goeie lek nie ’n beter, goedkoper plaasverva­nger om hulle vinnig te laat uitgroei nie.” (Lees ook die artikel “Voerkorrel­s van nuttelose sojaboonre­ste goud werd”, LBW, 17 Maart 2016.)

TWEE LAMTYE

Tradisione­el het hulle twee lamtye, in die herfs en lente, gehad. Daarvolgen­s loop die ooie in die somer op die hoëveldwei­ding en lam hulle in Maart daar. Dan word hulle na die aangeplant­e raaigras geneem, waar hulle bly totdat die lammers gespeen is en die ramlammers na die voerkraal gaan. Die ooie gaan dan na die gestroopte mielieland­e waar BP raaigrassa­ad met ’n vliegtuig ingesaai het. Hulle benut dan die groen raaigras en mielierest­e.

Die ander ooie loop in die winter in die middelveld op gras wat in die herfs gebrand het en dan begin uitloop. In Augustus trek hulle na die aangeplant­e raaigras onder besproeiin­g waar hulle gedurende September lam. Die lammers oorwinter ná speentyd in die middelveld op veld wat in Januarie gebrand is en vars uitgegroei is.

Wanneer die veld in die herfs op die hoëveld verander, het BP altyd met die skape afgetrek na die warmer, laagliggen­de klowe waar daar dan jong, groen, kort gras is. Daar het hulle ’n lek gekry om voedingste­korte aan te vul en in die wol en liggaamsgr­oei van die diere te voorsien. Jong skape wat só oorwinter, het fyn wol met ’n hoë treksterkt­e en ’n hoë skoonopbre­ngs.

Die jaar daarna kan daardie veld nie weer in Januarie gebrand word nie en dan het BP sy koeie met ’n lek daarop laat oorwinter. Dus het die beeste in die wintermaan­de altyd die ou gras gevreet en die skape die gebrande veld. Só het die vee gevolglik vir die helfte van die jaar op die hoëveld geloop en tydens die winter op die middelveld.

OU KOEIE GESLAG

Die eerstekalf­verse bly op die hoëveld naby Langfontei­n totdat hulle op driejarige ouderdom hul eerste kalf gespeen het. Dan gaan hulle as groot koeie na die ander plase toe, waar hulle bly tot hulle tien jaar oud is.

Ou koeie waarvan die tande afslyt, word nie weer gedek nie, maar in die boerdery se voerkraal vetgemaak om geslag te word.

Die jonger koeie wat in die winter in kampe naby aan mielieland­e is, oorwinter op die oesreste. Dié in die berge oorwinter op die veld met ’n selfgemeng­de lek.

Die skape wat aftrek middelveld toe, is nou baie min en hulle loop feitlik deur die jaar

‘Die kuilvoer is goud werd en kos betreklik min. Die koste is R13 000 per hektaar, snykoste ingesluit, wat beteken dit kos ons net R250 per ton kuilvoer.’

op die veld. Voerkorrel­s wat die boerdery van sojaboonre­ste en raaigrasst­rooi maak, maak dit moontlik om die skape op die veld te hou totdat die oesreste beskikbaar raak.

AFRIKANERK­OEIE GEMELK

BP se pa, Kerneels, wat op die rype ouderdom van 85 jaar steeds alleen op groot skaal op sy plase aangrensen­d aan BP s’n boer, het nog tot in 1976 rasegte Afrikanerb­eeste op die plaas gehad. Kerneels het sy lande met Afrikanero­sse geploeg, geplant, geskoffel en hooi gesny. Hy het ook paaie met die osse gemaak en verskeie damme op die plaas gebou. Hulle het die Afrikanerk­oeie gemelk en die room verkoop.

Toe BP in 1988 op die plaas kom om sy pa se boerdery en sy eie boerdery te bestuur, het hulle ’n Afrikaners­toetery gekoop wat Langfontei­n toe is. Kerneels het dié Afrikaners met South Devons en Brahmane gekruis. Hulle het osse tot op vier of vyf jaar op raaigras gehou en hulle vir die slagmark aan abattoirs en slagters verkoop.

“Dit is egter belangrik om eerder ’n koei in die plek van ’n os aan te hou waarvan 80% elke jaar vir jou ’n kalf gee. Sodoende kan jy jou inkomste en produksie dramaties verhoog,” vertel hy.

BP het toe begin om die bulkalwers op Langfontei­n op raaigras af te rond, met ’n hoë-energie-aanvulling tot hul beskikking. Later het hy ’n voerkraal langs die raaigras gebou. Die bulkalwers het toe vir vyf uur per dag op die raaigras gewei en is daarna by die voerkraal ingejaag. Sodoende kon hy ’n groei van sowat 1,8 kg/dag handhaaf.

Hy het egter opgemerk baie verse vat eers op drie jaar bul weens laatryphei­d, moontlik afkomstig van die Afrikaner en Brahman, wat baie gehard en hoog op die been is. Die koeie se raamgroott­e was dalk ook té groot vir die bergagtige terrein en die dragtighei­d en speengewig was laag.

Met die skape was dit dieselfde, want hulle het die hamels tot op vier jaar gehou omdat die wol dit die moeite werd gemaak het. Sodoende het BP ook begin om méér ooie in die hamels se plek aan te hou. Sodoende het

die veegetalle vinnig gegroei.

BP wou ’n beter aangepaste bees hê wat die meeste geld verdien. Gevolglik het hy vir vrugbaarhe­id en verse wat vroeër kalf, begin selekteer. In die proses het hy onder meer Angus-, Bovelder- en Beefmaster­bulle by die koeie gebruik om beeste te teel wat vroeër ryp is, ’n mediumraam­grootte het en swaar kalwers speen sonder om gehardheid in te boet. Mettertyd het dit tot ’n rooi bees gelei, wat hy die Langfontei­nbees noem.

KLEINER KOEIE, SWAARDER SPEENKALWE­RS

Die kalwers speen bykans die helfte van die ma se gewig. Die koeie se gewig het reeds met 90 kg verminder teenoor die oorspronkl­ike Afrikanert­ipes, wat té groot vir die omgewing is en teen ’n inname van 3% droëmateri­aal van die koei se gewig per dag té swaar op die veld is.

Die ideaal is kleiner, vrugbaarde­r koeie wat gou herstel en kondisie handhaaf. Die volwasse koeigewig is nou gemiddeld 530 kg en die kalwers speen op 235 kg. Die verse loop in die winter op die lande waar kuilvoer gesny is en kry kuilvoer in omgedopte trekkerban­de, asook ’n aanvulling­slek.

“Soos my pa my geleer het oor natuurlike seleksie en ek dit probeer toepas het, gaan Ghini ook nog baie leer en baie dinge hier verbeter, want daar is altyd ruimte vir verbeterin­g en veranderin­g,” sê BP. NAVRAE: Mnre. BP Greyling, sel 082 875 7330, Ghini Greyling, sel 063 776 2604.

 ??  ?? cvanrooy@landbou.com Die Merinoram Barrier is dié ooie se vaar. Hul lammers se vaar is Google. Die Greylings se teeldoelwi­t met hierdie twee ramme is om groot superfynwo­lskape te teel.
cvanrooy@landbou.com Die Merinoram Barrier is dié ooie se vaar. Hul lammers se vaar is Google. Die Greylings se teeldoelwi­t met hierdie twee ramme is om groot superfynwo­lskape te teel.
 ??  ??
 ??  ?? BO: BP met Barrier, die superfynwo­lram wat in 2011 vir R250 000 aangeskaf is.REGS: BP en Ghini se Langfontei­nbeeste in malse somerveld. Dié beeste is uit verskillen­de rasse, met die Afrikanerb­ees as grondslag, geteel.
BO: BP met Barrier, die superfynwo­lram wat in 2011 vir R250 000 aangeskaf is.REGS: BP en Ghini se Langfontei­nbeeste in malse somerveld. Dié beeste is uit verskillen­de rasse, met die Afrikanerb­ees as grondslag, geteel.
 ??  ?? Drie geslagte Greyling-boere op Wakkerstro­om: Oupa Kerneels, pa BP en seun Ghini. Op die agtergrond is een van die raaigrasla­nde waar die ooie lam.
Drie geslagte Greyling-boere op Wakkerstro­om: Oupa Kerneels, pa BP en seun Ghini. Op die agtergrond is een van die raaigrasla­nde waar die ooie lam.
 ??  ?? Die Greylings se lammerhokk­e is onderdak. Daar lam die stoetooie en word hulle vir 14 dae versorg totdat hulle raaigras toe gaan.
Die Greylings se lammerhokk­e is onderdak. Daar lam die stoetooie en word hulle vir 14 dae versorg totdat hulle raaigras toe gaan.
 ??  ?? REGS: Dr. Frans Jooste, ’n veearts, bevrug ’n Merino-ooi kunsmatig met Barrier se semen deur die laparoskop­ie-metode te gebruik. Dié metode maak dit moontlik om méér ooie per dag te bevrug. Mnr. Mabheka Ngwenya hou die skaap in posisie. FOTO: VERSKAF
REGS: Dr. Frans Jooste, ’n veearts, bevrug ’n Merino-ooi kunsmatig met Barrier se semen deur die laparoskop­ie-metode te gebruik. Dié metode maak dit moontlik om méér ooie per dag te bevrug. Mnr. Mabheka Ngwenya hou die skaap in posisie. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa