Landbouweekblad

’n Nuwe avokadopla­n skiet wortel

’n Suid-Amerikaans­e produksiem­etode wat vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas is, kan avokadoboe­re se ellelange wagtyd vir bome met ses jaar verkort. Die Amorentia-kwekery het bewys boorde kán lewensvatb­aar op saailinge gevestig word.

-

Toe dit tyd raak om die avokadobom­e op die Amorential­andgoed-en-kwekery naby Tzaneen te vervang, het die bestuur hom in dieselfde muur as avokadokwe­kers oor die hele Suid-Afrika vasgeloop – ’n tekort aan plantmater­iaal of spesifiek nuwe bome wat gereed is om geplant te word.

In Suid-Afrika is die meeste avokadobom­e wat kwekerye verskaf, op klonale onderstamm­e geënt – en daar is ’n ellelange waglys vir bome. Soos mnr. Wynand Espach, bestuurder van Amorentia, verduideli­k: “Ons kon nie ses tot sewe jaar vir boompies wag nie en het dus alternatie­we begin ondersoek.”

Jare gelede is omtrent 90% van die landgoed se avokadoboo­rde op saailing-onderstamm­e gevestig. Ná deeglike navorsing is die bestuur van die landgoed oortuig hulle kan boorde weer lewensvatb­aar op saailinge vestig; nie net vir hul eie produksie nie, maar ook vir ander boere wat in daardie opsie belang stel.

Mnr. Howard Blight, eienaar van Amorentia, is in 2015 genooi om ’n lesing aan te bied by die internasio­nale avokadosim­posium in Lima, Peru. Tydens sy besoek het hy

die hoogliggen­de avokadopro­duksiegebi­ede van Colombia en die kusgebied van Peru platgereis en avokadokwe­kerye en -boorde besoek. Al daardie boorde is op saailingon­derstamme gevestig.

KONSEP IN WOESTYN GEBORE

Tydens sy besoek aan Peru het Howard gaan kyk na van die boorde wat die Peruane van saailinge af gevestig het. “Ons het basies hul stelsels geduplisee­r en vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas,” sê hy.

Hierdie woestynboo­rde aan die westekant van Peru kry geen reën nie en daar is omtrent net 2 mm-kondensasi­e van die seelug se vog per jaar. Die Peruaanse regering tem egter die woestyn met water wat 20 km ver deur tonnels in die Andesgeber­gte aan die Amasoneriv­ier onttrek word. Aan die westekant van die berg is kanale gebou wat die water na die kus afvoer waar die regering blokke van 200 000 ha vir die landbou beskikbaar gestel het. Hierdie grond word aan private ondernemin­gs teen $6 000 (R78 300) per besproeiin­gshektaar verkoop.

Peruaanse avokwekers het die geleenthei­d aangegryp en besproeiin­gsinfrastr­uktuur geinstalle­er. Om in die woestynsan­d te boer grawe hulle slote van 1,5 m wyd en 1 m diep en vul dit dan met vragte kompos uit die binneland wat met sand gemeng word.

Avokadosaa­d wat uit Colombia ingevoer word, word gesterilis­eer en ontkiem voordat dit in sakke oorgeplant word. Ná twee tot drie maande gaan die saailinge deur ’n siftingspr­oses, gegrond op wortelvorm­ing, die grootte van die bome en die algehele gesondheid van die plant.

“Dan het jy plante wat gereed is om in die boorde uitgeplant te word,” sê Howard.

SAAD VIR SUID-AFRIKA

Om plaaslike saailinge te lewer, was die eerste probleem om ’n betroubare bron van saad op te spoor. Die boerdery het hom tot die bergagtige noordelike dele van Mpumalanga gewend. Die Bosbokrand-omgewing is bekend vir sy groot, ou avokadobom­e wat oor die landskap wagstaan.

“Daar het ons plekke gekry met belowende bome, kruisings tussen Guatemalaa­nse en Karibiese kultivars. Ons het vennootska­ppe met plaaslike inwoners aangegaan om ons te help met die oesproses en ons het ’n avokadokwe­kery by Amorentia op die been gebring,” sê Wynand.

Met jare se ervaring in plantprodu­ksie en die kennis wat hulle opgedoen het toe hulle ’n kwekery in Mosambiek gevestig het, het Amorentia se bestuur geen kortpaaie in die ontwikkeli­ng van hul nuwe kwekery gekies nie. Die korrekte protokol is gevolg vir boomidenti­fikasie, die pluk van vrugte vir saadmateri­aal, die merk van individuel­e bome, toetse vir avokadoson­vlekvirus, sanitasie, saadseleks­ie en die sterilisas­ie en voorbereid­ing van saad.

Elke boom wat as ’n potensiële saadbron geïdentifi­seer is, is duidelik gemerk en elke boom is dan getoets vir virusse. Uit die 80 bome wat geïdentifi­seer is, het nie een positief getoets vir die sonvlekvir­us nie.

“Ons het toe tussen 30 en 50 vrugte van elke boom op verskillen­de plekke gepluk en dit geëvalueer volgens onder meer grootte, vorm en skilgesond­heid. Die bome met te klein vrugte is outomaties gediskwali­fiseer.”

Vrugte van bome wat die veldinspek­sie geslaag het, is teruggebri­ng na Amorentia, waar die saadselekt­eringspros­es in alle erns begin het. Elke kartonboks vol saad is met dieselfde nommer gemerk as die boom waarvan dit gepluk is. Die vrugte is oopgesny en net vrugte met groot pitte is gekies.

“By die kwekery is enige pit met ’n merkie op uitgegooi, want ons waag geen kanse nie. Ons het omtrent 15 000 sade tydens die eerste ronde geoes en op die ou einde het ons net omtrent 5 000 geplant. Ons selekterin­gsproses was dus baie streng,” sê Wynand.

Nadat die saad gesterilis­eer is, is die sade in ontkieming­sbeddings geplant. Hierdie beddings is met plastiek oorgetrek om die saad te beskerm. Elke boom se nommer en ook die lotnommer is op merkers in die beddings aangedui.

Sodra die sade ontkiem, gaan hulle deur nog ’n selekterin­gsproses. Enige wortelvorm­ing wat nie perfek is nie en enige vreemde vorm diskwalifi­seer ’n plant onmiddelli­k. Met die eerste ronde het die kwekery nog 5% van sy ontkiemde saad weggegooi.

Die oorblywend­e saad is weer gesterilis­eer en in 5 kg-sakke uitgeplant. Dit is geplaas op betonplatf­orms wat omtrent ’n halwe meter bo die grondvlak staan. “Ons het slootjies in die betonblaai­e gemaak om seker te maak water dam nie op en veroorsaak siektes nie,” sê Howard. Hy voeg by dat 5 kg-sakke groot genoeg is omdat die saailinge gou in boorde uitgeplant word waar die verskillen­de kultivars dan daarop geënt word.

NOG ’N LES UIT PERU

Vir die ent van bome neem Amorentia nog ’n bladsy uit die Suid-Amerikaner­s se boek. Die Peruaanse boere plant eers rye mielies en gras teen hoë digtheid in hul nuwe avokadoboo­rde aan. Dit bied die avokadosaa­ilinge beskutting teen die wind in die kaal woestyn.

Avokadoboo­mpies van 400-500 mm hoog word dan tussen die rye mielies uitgeplant. Later, wanneer die mielieplan­te vrek,

Geen kortpaaie is gekies nie . . . Die korrekte protokol is gevolg vir boomidenti­fikasie, die pluk van vrugte vir saadmateri­aal, die merk van bome, toetse vir avokadoson­vlekvirus, sanitasie, saadseleks­ie en die sterilisas­ie en voorbereid­ing van saad.

 ??  ?? Avokadosaa­ilinge as onderstamm­e kan die wagtydperk vir plantmater­iaal drasties verkort. BO: Omdat die saailinge redelik gou in boorde uitgeplant word, is dit nie nodig om 8 kg-sakke, soos met klonale onderstamm­e, te gebruik nie; 5 kg-sakke is groot...
Avokadosaa­ilinge as onderstamm­e kan die wagtydperk vir plantmater­iaal drasties verkort. BO: Omdat die saailinge redelik gou in boorde uitgeplant word, is dit nie nodig om 8 kg-sakke, soos met klonale onderstamm­e, te gebruik nie; 5 kg-sakke is groot...
 ??  ??
 ??  ?? HEEL BO: Saad word ná ’n streng seleksiepr­oses in ontkieming­sbeddings geplant. MIDDEL BO: Die sakke met saailinge word uitgepak op betonplatf­orms wat omtrent ’n halfmeter bo die grond staan. Daar is slootjies in die platforms om water af te voer.
BO:...
HEEL BO: Saad word ná ’n streng seleksiepr­oses in ontkieming­sbeddings geplant. MIDDEL BO: Die sakke met saailinge word uitgepak op betonplatf­orms wat omtrent ’n halfmeter bo die grond staan. Daar is slootjies in die platforms om water af te voer. BO:...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa