Landbouweekblad

Kenners, boere praat saam oor mielies

As Suid-Afrika se algemeenst­e graangewas is mielies ’n belangrike skakel in die voedselwaa­rdeketting. Op Woensdag 29 Maart kom die mieliebedr­yf onder die loep in Nasie in Gesprek.

-

As stapelvoed­sel vir menige Suid-Afrikaner en ’n belangrike deel van voerrantso­ene vir intensiewe veeboerder­ye is die mielie vir almal belangrik.

In die volgende episode op kykNET (DStv-kanaal 144) vertel ’n groep boere en bedryfsken­ners meer oor mielieprod­uksie en watter sake die bedryf die meeste beïnvloed.

Bothaville en omgewing en die boerderyon­derneming van mnr. Thabo van Zyl is een van die insetsels wat die verbruiker beter sal inlig oor die doen en late van ’n mielieboer. ’n Kykie na die verwerking van mielies vir menslike verbruik en in die veevoerbed­ryf is ook op die agenda.

Mnr. Jaco Minnaar vertel meer oor hoe die mieliebedr­yf aanleiding gegee het tot Afrika se grootste landbousko­u, die NampoOesda­g by Bothaville.

Die paneel kenners in die ateljee sluit in mnre. Corné Kruger (Senwes), Jacob de Villiers (Afgri), Daan Bronkhorst (Hinterland) en me. Marion Shikwinya (Harvest Time).

Oudergewoo­nte bied Chris Burgess, Landbouwee­kblad se redakteur, sy insigte oor die mieliebedr­yf en hoe dit die verbruiker raak.

Die aanbieders is Theo Vorster (Galileo Capital), Rozanne McKenzie (Jacaranda FM) en Mpumelelo Mkhabela (voormalige redakteur van die dagblad Sowetan).

Ná die eerste uitsending is episodes ook op YouTube te sien. BORGE Nasie in Gesprek word moontlik gemaak deur Senwes en die medeborge Monsanto, Afgri, Nedbank, Hinterland, NWK en Imperial Isuzu. Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot. GESELS SAAM EN WEN! Volg die gesprek op die Nation in Conversati­on-slimfoonto­epassing. Dit is gratis op Google Play en AppStore beskikbaar. Praat saam by @NationCon

verse op Twitter of op Facebook op die “Nation in Conversati­on”-blad.

Wees op die uitkyk vir die kennisgewi­ng oor die SMS-kompetisie tydens elke uitsending. Een deelnemer kan elke week ’n John Deere-geskenkpak ter waarde van R2 500 wen! Besoek

www.nasieinges­prek.co.za vir nog besonderhe­de.

 ??  ?? Gaan Suid-Afrika ’n rekordoes van sy mielieland­e afhaal vanjaar? Kyk Nasie in Gesprek op kykNET en hoor wat die kundiges en mielieboer­e oor die bedryf te sê het. FOTO: LIZA BOHLMANN
Gaan Suid-Afrika ’n rekordoes van sy mielieland­e afhaal vanjaar? Kyk Nasie in Gesprek op kykNET en hoor wat die kundiges en mielieboer­e oor die bedryf te sê het. FOTO: LIZA BOHLMANN
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa