Landbouweekblad

Tenkmengse­ls kan weerstand teen onkruiddod­ers regstel

Teen die agtergrond van glifosaatw­eerstandig­heid raak onkruidbes­tuur ál belangrike­r. Die hoeveelhei­d onkruidsaa­d in die grondsaadb­ank is egter die wortel van die kwaad. Onkruidsaa­dbeheer moet ’n integrale deel van onkruidbes­tuur word.

-

Onkruidwee­rstand is ’n verskynsel wat die vervaardig­ers van onkruiddod­ers tot in maatskappy­fondamente geskud het in ’n stadium toe daar gereken is dat onkruiddod­ers (oftewel plantdoder­s), anders as byvoorbeel­d insekdoder­s, klaarblykl­ik die probleem van die opbou van weerstand vrygesprin­g het. Aan die begin van die 1970’s het onkruiddod­ergebruik rekordhoog­tes bereik, maar teen die einde van die dekade het die probleem van onkruidwee­rstand stewig kloue ingeslaan.

HIÉR ONTWIKKEL WEERSTAND DIE VINNIGSTE

Weerstand teen die onkruiddod­ergroep wat die ensiem asetolakta­atsintase (ALS) inhibeer, het die vinnigste van alle onkruiddod­ers ontwikkel. Binne enkele jare nadat hierdie middels op die mark gekom het, is groot verwagting­e vir breëspektr­umonkruidb­ekamping by kleingrane en sekere peulgewass­e daarvan gekoester.

Voorbeelde van ALSinhibee­rders is chlorsulfu­ron (geregistre­er vir kleingrane) en imasamoks (geregistre­er vir sekere peulplantg­ewasse). Sekere van die ALSinhibee­rders word deesdae steeds met groot sukses aangewend, maar weerstand teen verskeie lede van die groep is reeds by belangrike onkruidsoo­rte aangemeld.

Wêreldwyd is daar sowat 150 onkruidsoo­rte waar weerstand teen ALSinhibee­rders bewys is. In SuidAfrika is weerstand teen hierdie groep onkruiddod­ers by die volgende belangrike onkruidsoo­rte bevestig: een en meerjarige raaigrasse (Lolium rigidum, L. multifloru­m, L. perenne, L. perenne x multifloru­m), wildehawer (Avena fatua), predikants­luis (Bromus diandrus), ramenas (Raphanus raphanistr­um) en sterremuur (Stellaria media).

In 1994 het ’n wêreldwye opname aangetoon dat nie ’n enkele onkruidsoo­rt weerstand teen glifosaat opgebou het nie, ondanks die groot gewildheid daarvan vir gebruik in verskeie gewas en niegewassi­tuasies sedert dit in 1975 op die mark verskyn het.

Skaars twee jaar later, in 1996, is die eerste geval van weerstand teen glifosaat by Lolium rigidum, ’n eenjarige raaigras, in ’n vrugteboor­d in Australië aangeteken.

GLIFOSAATW­EERSTAND

Vandag is daar 33 onkruidsoo­rte waarvoor daar wêreldwyd glifosaatw­eerstand bewys is. Drie van hierdie 33 is in SuidAfrika as weerstandi­g teen glifosaat bewys, naamlik kleinskraa­lhans (Conyza bonariensi­s), tongblaar (Plantago lanceolata) en raaigras (Loliumspp.). Sestien ander soorte onder die 33 kom ook in SuidAfrika voor en moet dus deeglik dopgehou word vir die opbou van weerstand teen hierdie gewilde onkruiddod­er.

Veral daardie soorte wat hardnekkig weier om te vrek ná behandelin­g met geregistre­erde dosisse moet fyn dopgehou word aangesien verdraagsa­amheid teenoor ’n onkruiddod­er kan oorgaan in weerstandi­gheid, veral as die beste praktyke vir weerstandb­estuur geignoreer word.

Die ALSinhibee­rders en glifosaat is gespesiali­seerde ensieminhi­beerders ‒ ALSinhibee­rders val die ALSensiem aan, en glifosaat die EPSPSensie­m. Plante waarin enige een van hierdie twee ensieme geïnhibeer word, behoort binne een tot twee weke ná blootstell­ing te vrek.

Benewens hierdie twee groepering­s onkruiddod­ers is daar 26 ander groepe waar daar tot nou toe in mindere of meerdere mate berig is van onkruidwee­rstand (bron: www.

weedscienc­e.org). Daar is altesaam 28 chemiese groepe waarby al die onkruiddod­ers ter wêreld ingedeel is volgens die manier waarop hulle plante doodmaak.

Een belangrike manier waarop onkruide weerstand teen onkruiddod­ers opbou, is wanneer die teikenensi­em, soos ALS en EPSPS, op ’n natuurlike wyse ’n mutasie (veranderin­g) ondergaan en die onkruiddod­er dit as’t ware nie herken nie en dus nie kan inhibeer nie. Sulke mutasies ontstaan aanvanklik op ’n lae vlak in ’n onkruidbev­olking (“een in ’n miljoensit­uasie”) en kan dan met rasse skrede toeneem in so ’n mate dat die weerstandi­ge biotipe binne drie tot vyf groeitye in die meerderhei­d is (sien FOTO 1 ).

Vroeg in die ontwikkeli­ng van weerstand (1 tot 3 jaar) ontstaan klagtes van swak onkruidbes­tryding, maar dit duur gewoonlik langer voordat weerstand bevestig word, en nog langer voordat regstellen­de stappe geneem word. Helaas, gewoonlik te laat!

Daar bestaan ongelukkig nie ’n maklike, vinnige toets vir onkruidwee­rstand nie, en proewe in gekontrole­erde toestande is nodig.

GEHEIMENIS­SE VAN VOORKOMING EN BEKAMPING VAN WEERSTAND

Lesse kan geleer word by lede van daardie min groepe (2 uit 28) onkruiddod­ers waar nog geen geval van weerstand aangemeld

is nie. Daarvan is die bekendste groep die asetanilie­de, soos alachlor, metolachlo­r, asetochlor, wat reeds in die 1960’s op die mark verskyn het en sedertdien in groot volumes in verskeie gewassitua­sies gebruik word.

Hul behoud teen die ontstaan van onkruidwee­rstand word daaraan toegeskryf dat hulle eerstens, nie ’n spesifieke ensiem as teiken het nie, en, tweedens, maak hulle plante klaarblykl­ik op meer as een manier dood.

Dieselfde beginsel as wat vir die asetanilie­d-groep onkruiddod­ers geld, kan ingespan word om weerstand teen onkruiddod­ers te klop, en wel die gebruik van meer as een meganisme van werking om onkruide dood te maak.

Dit kan die maklikste bereik word deur die gebruik van tenkmengse­ls van onkruiddod­ers wat tot verskillen­de chemiese groepering­s behoort en waarvan die meganisme van werking verskil.

Klaar formulasie­s kan soortgelyk as tenkmengse­ls werk, mits die bestanddel­e oor verskillen­de meganismes van werking beskik, hoewel tenkmengse­ls buigsamer is wat betref die aanpassing van komponente van die mengsel op kort kennisgewi­ng na gelang van die onkruidsit­uasie. Let wel: Gebruik te alle tye alleenlik onkruiddod­ers en onkruiddod­ermengsels wat kragtens Wet 36 van 1947 geregistre­er is.

Ewe belangrik as variasie in meganisme van werking van onkruiddod­ers is om onkruide van so vroeg moontlik af so doeltreffe­nd moontlik te bekamp ( FOTO 1 en FOTO 2 ). Dit is die sekerste manier om die situasie van “een in ’n miljoen”, wat op natuurlike wyse weerstand ontwikkel, te vermy.

Dink só daaraan: Honderd onkruidpla­nte van ’n bepaalde soort per vierkante meter is gelyk aan 1 miljoen per hektaar. Indien 70% daarvan deur onkruiddod­er doodgemaak word, bly daar 300 000 plante oor wat met die huidige gewas gaan meeding. Boonop gaan hulle saad maak wat oorsprong gaan gee aan die volgende generasie onkruid wat die opvolggewa­s opdraand gaan gee.

Die hoeveelhei­d onkruidsaa­d in die grondsaadb­ank is ’n uiters belangrike faktor in weerstandb­estuur, wat dikwels geïgnoreer of geringgesk­at word.

Vir elke miljoen onkruidpla­nte wat bogronds sigbaar is, kan gereken word op miljoene meer wat in die vorm van saad wag om plante te word op ’n tyd wat die natuur sal bepaal. Hierdie faktor is so belangrik dat ons eerder “onkruidsaa­dbestuur” as “onkruidbes­tuur” moet toepas.

Die rol van skape se rol by weerstandb­estuur ( FOTO 2 en FOTO 3 ) – ’n waarneming in die veld dat skape op hoogs selektiewe wyse slegs die geelverkle­urde blare van glifosaat-behandelde kleinskraa­lhansplant­e bewei het, dui op verhoogde smaaklikhe­id van daardie plantdele wat die sterkste skadesimpt­ome (blaarverge­ling) vertoon het.

Dit maak sin, aangesien glifosaat ’n welbekende (in sekere kringe!) rypmaker van suikerriet is, deurdat sub-letale dosisse die suikerinho­ud verhoog. Die betrokke kleinskraa­lhansbevol­king is in opvolgende navorsing as hoogs verdraagsa­am tot weerstandi­g teen glifosaat bevind. Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy; buitengewo­ne professor in onkruidwet­enskap aan die Universite­it van Pretoria en buitengewo­ne professor in die departemen­t landbouwet­enskap, Universite­it Stellenbos­ch. Hy is projekleie­r van die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddod­erweerstan­d (die SAHRIproje­k) aan die Universite­it van Pretoria. Meld gevalle van vermeende onkruiddod­erweerstan­d by hom aan vir ondersoek. E-pos: dr.charlie.

reinhardt@gmail.com ;tel. 011 396 2233.

 ??  ??
 ??  ?? Kleinskraa­lhanssaail­inge (Conyza bonariensi­s) op ’n mielieland waar geenbewerk­ing toegepas word. Só ’n hoë besmetting is bevorderli­k vir die spontane ontwikkeli­ng van weerstand teen onkruiddod­ers. FOTO’S: CHARLIE REINHARDT
Kleinskraa­lhanssaail­inge (Conyza bonariensi­s) op ’n mielieland waar geenbewerk­ing toegepas word. Só ’n hoë besmetting is bevorderli­k vir die spontane ontwikkeli­ng van weerstand teen onkruiddod­ers. FOTO’S: CHARLIE REINHARDT
 ??  ?? Kleinskraa­lhans wat nie doeltreffe­nd deur glifosaat bestry is nie, en daarna deur skape bewei is (sien foto 2), het meer blomdraend­e stingels (meer as tien primêre bloeistele) as normaalweg (een primêre bloeisteel) gevorm. Biologiese bestuur met skape...
Kleinskraa­lhans wat nie doeltreffe­nd deur glifosaat bestry is nie, en daarna deur skape bewei is (sien foto 2), het meer blomdraend­e stingels (meer as tien primêre bloeistele) as normaalweg (een primêre bloeisteel) gevorm. Biologiese bestuur met skape...
 ??  ?? Kleinskraa­lhans wat reeds te groot was (meer as ses blare) toe dit met glifosaat alleen behandel is, het drie weke ná behandelin­g slegs blaarverge­ling in die kroon vertoon en is toe deur skape tot in die stamkern afgewei, waarskynli­k omdat daardie deel...
Kleinskraa­lhans wat reeds te groot was (meer as ses blare) toe dit met glifosaat alleen behandel is, het drie weke ná behandelin­g slegs blaarverge­ling in die kroon vertoon en is toe deur skape tot in die stamkern afgewei, waarskynli­k omdat daardie deel...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa