Landbouweekblad

NUWE WERKTUIG MAAK BALE ÉN DRAAI TOE

-

’n Nuwe baalmasjie­n kan droë hooi of nat kuilvoer baal én toedraai om dit langer te laat hou. Die McHale Fusion 3 word deur Jupidex in Suid-Afrika van Ierland af ingevoer en is op die jaarlikse MPO Noord-kuilvoerda­g op Lichtenbur­g gedemonstr­eer.

Die optelstels­el is 2,1 m breed. Die hooi word dan deur 25 lemme in lengtes van 46 mm gesny en gebaal. Wanneer die baal sy grootte van 123 cm by 124 cm bereik het, word dit met baalnet toegedraai en dan na die agterste deel van die werktuig gerol waar dit met plastiek toegedraai word om dit teen wind en weer te beskerm.

Dit duur 20 sekondes om vier lae plastiek aan te bring en 30 sekondes vir ses lae. Sensors waarsku die bestuurder as die plastiek skeur of afbreek.

Met die saampersin­g van die materiaal tydens die maak van die baal en die toedraaipr­oses word suurstof uitgepers, wat noodsaakli­k vir goeie kuilvoer is.

Intussen het die baler al weer die volgende baal begin maak. Wanneer dit klaar gevorm is, waarsku ’n sensor op die rekenaarsk­erm die bestuurder dat hy moet stilhou sodat die net outomaties aangebring kan word.

Terselfder­tyd word die eerste toegedraai­de baal op ’n stel rollers na agter gerol, waar dit op ’n raamwerk beland, wat dit kantel en saggies op die grond plaas sodat dit op die koppenent staan. Twee prosesse is dus deurentyd aan die gang.

’n Outomaties­e stelsel sorg deurentyd dat al die koeëllaers geghries word.

Die hele proses word vanuit die trekker se kajuit deur ’n rekenaar met ’n aanraakske­rm beheer. ’n Sensor waarsku ook die bestuurder wanneer daar ’n verstoppin­g is tussen die apparaat wat die hooi optel en die baalkamer, sodat hy met die druk van ’n knoppie van die blokkasie ontslae kan raak.

Die werktuig weeg 5 650 kg en verg ’n trekker van 120-150 kW.

PRYS: Dit kos sowat R1,6 miljoen (BTW ingesluit). NAVRAE: Mnr. Johan Claassen, e-pos: johan. claassen@jupidex.co.za; sel 072 190 9110. Besoek http://www.landbou.com/videos/ om na die video te kyk.

 ??  ?? R1,6 miljoen
R1,6 miljoen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa