Landbouweekblad

Gousiektep­lantvergif­tiging by herkouers

- CHARLIE REINHARDT

Ek het ’n plant op my eiendom geïdentifi­seer wat skielike vrektes onder Damaraskap­e en Boerbokke, wat ek nuut aangekoop het, veroorsaak het. Bloednier is eers as oorsaak gediagnose­er, maar ’n ander mening het gousiekte as oorsaak aangedui. Ek kry die plant nie dood met ’n glifosaat-bevattende onkruiddod­erproduk nie.

Fadogia homblei is die wetenskapl­ike naam vir die bosluisbes­sie of wildedadel wat tot die plantfamil­ie Rubiaceae behoort. Dit kom veral voor in die noordelike streke van Suid-Afrika, in Limpopo. Dit is ook algemeen op die wit, grys en bleekrooi gronde van die noordelike en oostelike dele van Gauteng, waar die oorgang is van granitiese gesteentes in die Magaliesbu­rg na gesteentes wat die Laeveld kenmerk.

Bosluisbes­sie is ’n meerjarige kruid tot klein struik met verskeie regop stamme tot ongeveer 50 cm hoog wat ontstaan van houtagtige risome (ondergrond­se stingels). Die bogrondse dele ryp dood in die winter. Die blare ontspring in groepe van drie tot vyf by knope op die stam. Die boonste blaaropper­vlak is blinkgroen en die onderkant is silwerwit. Klein, geel blomme word in groepe by die knope op stingels gedra.

Die groenkleur­ige vrug word swart wanneer dit ryp is en is dan eetbaar. Geen gevalle van menslike sterftes is bekend nie, maar die plant het die vermoë om veevrektes te veroorsaak.

Gousiekte is ’n fatale hartkondis­ie wat by herkouers veroorsaak word. Dié siekte hou verband met die inname van verskeie plantsoort­e in die familie Rubiaceae, wat die koffieplan­t insluit. Gewoonlik vrek herkouers nadat die plant oor ’n lang tydperk (weke) ingeneem is. Oënskynlik gesonde diere steier en slaan dood neer wanneer hulle aangejaag word.

’n Enkele dosis bestaande uit ’n groot hoeveelhei­d plantmater­iaal kan dieselfde gevolg binne ’n kort tydperk hê.

Die toksisitei­t van plante wat gousiekte veroorsaak, kan met verloop van tyd wissel, asook die toksisitei­t van verskillen­de dele van die plant.

Onkruiddod­ers wat selektief (nie-skadelik) teenoor grasse is, bied die beste kans op doeltreffe­nde bestryding binne ’n kort tydperk. Onkruiddod­ers wat pikloram of metsulfuro­nmetiel as aktiewe bestanddel­e bevat, behoort goeie, selektiewe bestryding te gee. Let wel, grasse sal nie beskadig word nie, maar alle breëblaar- (dikotiele) plante kan deur hierdie onkruiddod­ers beskadig word. Dit is belangrik dat onkruiddod­ers saam met goeie veldbestuu­r ingespan word. Op langer termyn is goeie veldbestuu­r noodsaakli­k vir die bevoordeli­ng van grasse wat deur mededingin­g die getalle van bosluisbes­sie en ander ongewenste plante in bedwang sal hou.

Glifosaat-bevattende onkruiddod­erprodukte is nie-selektief, met ander woorde dit sal alle plante doodmaak waarmee dit direk in aanraking kom, en dit word vinnig in die grond afgebreek. Pikloram en metsulfuro­n-metiel is selektief teenoor grasse en het ’n lang nawerking in grond, wat bestryding oor ’n lang tydperk (weke tot maande) ná ’n enkele toediening moontlik maak.

Meer bekende gousiekte-veroorsake­nde plante behoort tot die genus Pachystigm­a, soos P. pygmaeum (harige gousiekte-bossie), P. thamnus (gladde gousiekte-bossie) en P. latifolium. Hierdie Pachystigm­a-soorte en Fadogia homblei kan saam voorkom om ’n dodelike kompleks van gousiekte-plante te vorm, soos wat die geval is in dele van die omgewing van Cullinan en Rayton.

Gousiekte en die plante wat dit veroorsaak, word deeglik bespreek in die boek van Johannes Vahrmeijer (1981), Gifplante van SuiderAfri­ka wat veevrektes veroorsaak, Tafelberg Uitgewers, Kaapstad. Dr. Charlie Reinhardt is buitengewo­ne professor in onkruidwet­enskap aan die Universite­it van Pretoria en dekaan van die Villa Academy.

 ?? FOTO’S: THEUNIS DU PLOOY ?? Fadogia homblei in die omgewing van Cullinan en Rayton in Gauteng.
FOTO’S: THEUNIS DU PLOOY Fadogia homblei in die omgewing van Cullinan en Rayton in Gauteng.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa