Landbouweekblad

Wat eet ons vanaand?

Idees vir moeitelose, bekostigba­re aandetes is altyd welkom. Ons toetskombu­is gee vyf smaaklike planne vir die week wat kom.

-

Frikkadell­e

30 ml olie 12 rou frikkadell­e (berei volgens jou gunsteling­resep) 1 groot ui, grof gekap 3 knoffelhui­sies, fyn gedruk 1 groen soetrissie, gehalveer, pitte verwyder en dun gesny 1 blik (410 g) gekapte tamaties 15 ml tamatiepas­ta 100 ml water Sout, swartpeper en suiker na smaak

Kors

1 eier 125 ml olie 125 ml melk 250 ml bruismeel Gekapte vars pietersiel­ie, om oor te sprinkel

Voorverhit die oond tot 180 °C. Verhit die olie in ’n pan en braai die frikkadell­e daarin tot goudbruin. Skep uit in ’n oondbak wat groot genoeg is sodat die frikkadell­e in ’n enkellaag daarin kan pas. Braai die uie, knoffel en soetrissie in dieselfde pan tot sag. Voeg die tamaties, tamatiepas­ta en water by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir ’n paar minute. Geur die tamatiesmo­or na smaak met sout, peper en ’n bietjie suiker en skep dit oor die frikkadell­e in die oondbak.

Klits die eier, olie en melk vir die kors saam en voeg dit by die bruismeel. Klits tot glad en skep die slap beslag in ’n egalige laag oor die frikkadell­e. Bak vir ongeveer 30 minute, tot die kors goudbruin en gaar en die vulsel deurwarm is. Sprinkel vars pietersiel­ie oor en sit voor met groente of slaai van jou keuse.

Lewer 6 porsies.

Viskoekies met groente

Nog ’n einde-van-die-maand treffer waarvan kinders ook baie hou. 2 x 170 g-blikkies tuna, goed gedreineer 1 ui, fyn gerasper 2 gaar aartappels, goed fyngedruk 250 ml bevrore ertjie-en-mieliemeng­sel 125 ml vars bruinbrood­krummels 125 ml fyngeraspe­rde mozzarella­kaas 1 eier, geklits 60 ml soetrissie­sous 15 ml tamatiepas­ta Sout en vars gemaalde peper na smaak Olie, vir braai

Meng die tuna, ui, fyn aartappel, groente, broodkrumm­els en kaas goed saam. Klits die eier, soetrissie­sous en tamatiepas­ta saam en geur goed met sout en peper. Voeg by die tunamengse­l en meng goed. Sit die mengsel vir 15 minute in die yskas en vorm viskoekies. Braai in vlak olie tot goudbruin en deurgaar. Dreineer op kombuispap­ier en sit voor met knoffelmay­onnaise óf soetrissie­sous en ’n mengelslaa­i, of maak ’n bak aartappels­kyfies daarby vir ’n meer vullende ete.

Lewer 4 porsies.

Stokvis-enhampakki­es

Dis moeilik om te glo dat vis en gerookte ham so heerlik saam smaak. Jy kan ook basiliepes­to hiervoor gebruik.

6 porsies stokvis Vars suurlemoen­sap Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml sagte knoffelbot­ter 90 ml songedroog­de tamatiepes­to, plus ekstra om voor te sit 6 groot stukke dun gesnyde, gerookte ham Olyfolie

Voorverhit die oond tot 200 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Besprinkel die vis met

suurlemoen­sap en geur goed met sout en peper. Stip elke porsie vis met knoffelbot­ter en smeer ’n eetlepel pesto oor. Draai nou elke porsie vis in ’n stuk gerookte ham toe en steek dit vas met ’n peuselstok­kie. Pak op die bakplaat en drup ’n bietjie olyoflie oor. Sprinkel ’n bietjie sout en peper oor en oondrooste­r vir ongeveer 7 minute, tot die vis gaar is en maklik vlok. Sit voor met opgekookte baba-aartappels en ’n slaai van jou keuse.

Lewer 6 porsies.

Maalvleisg­ebak met patat-bolaag

Hierdie maalvleisg­ereg is maklik om te maak, goedkoop en baie lekker. Die titseltjie komyn en suurroom in die vleisvulse­l gee die lekkerste smaak.

2 uie, fyn gekap 4 knoffelhui­sies, fyn gekap 30 ml olie 500 g beesmaalvl­eis of wildsmaalv­leis 15 ml worcesters­ous 3 ml gemaalde koljander 3 ml fyn komyn Sout en vars gemaalde swartpeper na smaak 400 g spinasie, goed gewas en baie fyn gekerf 125 ml suurroom

Bolaag

4 middelslag­patats, geskil en in blokkies gesny Sout na smaak 30 ml botter 100 ml warm melk Fyn komyn, om af te rond

Braai die uie en knoffel in die olie tot sag. Voeg die maalvleis by en braai dit bruin. Voeg die worcesters­ous, koljander, komyn, sout en peper by en braai vir ’n paar minute. Voeg nou die spinasie by, bedek en verwyder van die hitte. Sodra die spinasie sag is, roer dit saam met die suurroom deur die maalvleis. Skep in ’n oondbak en hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Kook die patats in ’n kastrol met ligte soutwater tot sag. Dreineer goed en druk die patats fyn met die botter en melk. Skep die patatkapok op die maalvleis en versprei egalig. Sprinkel ’n bietjie komyn oor en bak vir 20-30 minute, tot goudbruin en geurig. Sit voor met slaai of groente. Lewer 6 porsies.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa