Landbouweekblad

Plaas bied unieke ervaring

Hakuna Matata is me. Christine Jordaan se gastehuiso­nderneming op die plaas Groot-Sorgfontei­n buite Groot-Brakrivier. Dit het van die boerdery ’n gesogte reisbestem­ming gemaak.

- Sel

Hoe het die idee ontstaan? Ons het in 2004 van die Vrystaat af hierheen verhuis. Ek wou graag my eie inkomste verdien. Daar was reeds twee werkershui­sies by die dam en ek het dadelik die moontlikhe­id gesien om die huisies en ons strandhuis by Glentana (sowat 18 km van die plaas) in ’n gastehuiso­nderneming te omskep.

Het jy self die huisies opgeknap? Ja, saam met een ambagsman het ek die werkershui­sies tien jaar gelede eiehandig gerestoure­er. Dit het twee jaar geduur. Ek het self teëls gelê en ou spieëlkast­e in wasbakke omskep. My man, Lodic, het intussen ingestem om my gedeelteli­k te finansier om ’n derde en groter huisie te bou. Tussendeur moes ek drie leeuwelpie­s help grootmaak wat elke vier uur bottel moes kry. Hulle is later na ’n kamp op die plaas verskuif.

Wat bied jy alles? Ek maak verskillen­de produkte op die plaas, soos ingemaakte pikantriss­ies, tapasborde, tuisgemaak­te seep en boerseep. My kunsatelje­e is ingerig as ontvangsar­ea waar my skilderye en produkte verkoop word. Ek vat vroegoggen­d of laatmiddag besoekers op staptogte na die leeus, waar hulle koffie en beskuit of ’n glasie wyn geniet. Een keer per jaar bied ek ook ’n “Hap en Stap” vir gaste aan om na die leeus te kyk. Dit sluit klein happies en sap in.

Wou jy soms tou opgooi? In die begin het ek soms moedeloos geraak omdat gastehuise op Mosselbaai en by die see voorrang kry. Mense het my getroos dat dit minstens vier jaar tot vyf jaar duur om ’n ondernemin­g op die been te bring. My ondernemin­g het mettertyd gegroei. Deesdae verkies mense die stilte en sielerus by ons om sonder selfone en televisie as gesin saam tyd deur te bring.

Hoe en waar bemark jy? Hoorsê is die beste manier van bemarking. Daarom glo ek elke gas moet gelukkig hier wegry. Ons bemark hoofsaakli­k op verblyfweb­werwe en sosiale media. Desember is ons besigste tyd. Ons kry gaste van oral in Suid-Afrika, asook uit die buiteland.

Wat maak die gastehuise uniek? Dis uniek om wakker te word met leeus wat brul en dan binne 15 minute op die strand te kan stap. Ons is ook sentraal geleë om die Tuinroete tussen Addo, Oudtshoorn en Kaapstad te verken. Ek probeer aan elke gas persoonlik­e aandag gee. Baie van wat ons bied, is handgemaak en nie in winkels beskikbaar nie. Ons is ook bekostigba­ar. Gaste wat nooit andersins die geleenthei­d sou gehad het nie, kan dus leeus en buffels van naby sien.

Dra jou ondernemin­g tot die boerdery by? Ja, dit voeg waarde toe. Dit het die plaas van ’n gewone boerdery geneem na ’n bestemming waarop ons trots is.

NAVRAE: Webwerf: www.hakunamata­tagf.co.za; e-pos: info@hakunamata­tagf.co.za; 084 800 4035.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa